Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Country Craftmarket.  

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    15/11/2007 10:08 AM - (SA)
    Verskille by kusgebiede kom
    161107


    Andries van der Merwe, Helderberg Artisionele Vissers Vereniging, skryf: Ons wil dankie sê aan die antwoord wat die jettytrust ons verskaf het via die koerant. Ons is tans in gesprekvoering met die minister en het ook verskeie ander punte opgehaal tydens die onlangse vissers-gemeenskap kongres van Suid-Afrika wat in Port Elizabeth gehou is.

    Die volgende punte is dan van belang vir die inwoners.

    Gordonsbaai hawe is en was altyd 'n vissers hawe en ons ondersteun die kreef fabriek wat daar opgerig sal word. Ook gaan ons weer in die nabye toekoms sardyn daar land.

    Alle ontwikkelings langs die kuslyn moet toesien dat daar toegangsroetes is tot die see vir die publiek en dat hierdie roetes nie belemmer mag word nie.

    Ons is in die proses om vergaderings met die raad te reël oor navigasie ligte en ons het skrywes gerig aan Kaapstad, aangesien huidige raad ons nie antwoord nie.

    Ons historiese feit as vissers gemeenskap is erken en ons sal saam met die regering werk om ons tradisie te beskerm en te behou vir ons nageslagte.

    Ons het verskeie kwotasies aangevra rakende die houtkaai en sal dit aan lesers bekendstel sodra ons dit ontvang.

    Ons vra ook dat die publiek betrokke raak by beskerming van ons marienebronne, asook die welstand van ons kuslyn, ook aan plaaslikke visverwerkings-aanlegte om nie vis of enige mariene bronne te koop by ongelisensieerde persone of vaartuie nie. Daar word tans ondersoeke gedoen en ons sal vra dat die koerant 'n lys van wettige visfabrieke, vaartuie en induvidue publiseer wat aan die publiek mag verkoop.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.