Error processing SSI file
|
|
|
29/11/2007 10:58 AM - (SA)
'Berig nie waar nie'
301107
DAVID DAMONS, sekretaris en Marilyn Grootboom, voorsitter van die Erijahville Gemeenskapskomitee, skryf:
Met die lees van die berig op 9 November, en mev. C. Afrika se beweerde beswaddering van die subraadvoorsitter, Demi Dudley, wil ek my misnoë te kenne gee. As 'n instansie wat die demokrasie van ons land respekteer en elke individu se regte op vryheid van spraak beklemtoon, is die berig deurspek met onwaarhede.
Mev. Afrika, u het nie die mandaat van Rusthof om namens hulle as woordvoerder op te tree nie. Die leiers en gemeenskappe het op rekord afsprake en vergaderings wat kan bewys dat rdl. Dudley 'n rare leier is wat onpartydig is in sy amp. Baie projekte wat onderneem is en in 'n gevorderde stadium is, sal ly as hy herontplooi moet word.
 |
Back to top
|
© Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234
2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.
|
|
 |