Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Country Craftmarket.  

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    29/11/2007 10:58 AM - (SA)
    'Mense ry roekeloos'
    301107


    C. de Jager van die Strand skryf: Strand se bestuurders hou goed kers vas by die Somerset-Wes-bullebakke op die pad. Die probleem het twee oorsake, geen opgeleide verkeersbeamptes en dan die bestuurders self. Elke oggend is 'n stryd om my kind veilig by die skool te kry.

    Met slegs 1,4 km en sewe stopstrate om te gaan , is ek elke oggend doodbenoud. In die 20 jaar wat ek bestuur, was ek nog nooit in 'n ongeluk betrokke of die oorsaak daarvan nie, maar ek eis elke oggend en middag dat die situasie kan verander. Mense is ongeduldig, onbeskof, voorbarig, arrogant, ry te vinnig, stop enige plek op straat om mense op of af te laai , weet nie hoe werk 'n stopstraat of 'n robot wat geel is nie, word blind by sirkels vir die pyle op die teer wat aandui waarnatoe jy mag ry. Ja , die pyle is daar, maar jy kan dit slegs sien as jy nie teen my bagasiebak ry nie en so kan ek aangaan vir ewig.

    Die enigste oplossing is meer verkeerspersoneel, meer kameras en dan ook videokameras by stopstrate.

    Laat Worcester of Stellen-bosch ons voorbeeld wees, want daar ry almal binne die spoedgrens, weet 'n stopteken beteken jy moet dood stop en nie net stadiger ry of in party gevalle sommer versnel nie en dan ook dat 'n geel lig beteken jy moet begin remme aanslaan.

    Die bullebakke met hul groot bakkies en viertrekvoertuie put ook die uiterste genot daaruit om die gewone hoogte voertuie se uitsig te versper en glimlag dan alte mooi as hulle die gefrustreerde uitdrukking sien as jy dalk in die teenoorgestelde rigting as hulle probeer draai.

    En ja, ek lei 'n vol, gelukkige lewe en het baie beter dinge om te doen as om te kla, maar gatvol verby is ek met die wetteloosheid in ons land.

    Al weet ek die brief is nuttelose geskryf in die wind, hoop ek jy herken jouself in hoe ander mense jou as bestuurder ervaar!

    'n "Chill Pill" is miskien net die regte medisyne vir die Bolanders as dit by bestuur kom en dalk spaar die drie sekondes wat jy verloor deur te stop by die stopstraat, 'n medemens se lewe.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.