Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Country Craftmarket.  

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    06/12/2007 12:22 PM - (SA)
    'Is hulle gereed vir die seisoen?'
    071207


    S. Burger van die Strand skryf: As jarelange inwoner en belastingbetaler van die Helder-berg, voel ek dit my plig om die volgende onaanvaarbaarhede onder die aandag van die Stad Kaapstad se verkeersdepartement te bring.

    Op 28 November was daar kragonderbrekings in verskeie dorpe in die omgewing, wat tot gevolg gehad het dat baie verkeersligte buite werking was.

    Ek weet nie of die plaaslike verkeersowerheid bewus was van die onderbrekings in die Helderberg en verkeersligte wat nie gewerk het nie.

    Die verkeersligte (drie stelle) op die R44 tussen die Lord Charles Hotel en Somerset Mall was in spitstyd (van 16:00 af) buite werking, wat veroorsaak het dat verkeer vir kilometers opgedam het. Die verkeersbeamptes het egter geskitter in hul afwesigheid. By nie een van die kruisings was persone op puntdiens om die verkeer te reguleer nie.

    Hierdie situasie was nie 'n uitsondering nie - dis die reël in die Helderberg.

    Dit het my 30 minute geneem om die afstand van vyf kilometer vanaf die Lord Charles Hotel tot by my huis in die Strand af te lê! Ek werk in Stellenbosch, en of daar kragonderbrekings is of nie, daar is daagliks verkeersbeamptes sigbaar en op puntdiens by besige kruisings gedurende spitstye (soggens en saans). Dalk moet Helderberg en die Stad Kaapstad by Stellenbosch gaan leer hoe om effektief te werk. Binne tien minute nadat die krag op 28 November in Stellenbosch afgegaan het, was verkeersbeamptes by die hoofroetes om verkeer te reguleer.

    Ons as belastingbetalers betaal die salarisse van die verkeersbeamptes en verwag diens in ruil daarvoor. Dis absoluut 'n rariteit om diensdoende Helderberg verkeerpersoneel gedurende normale werksure te sien, laat staan nog na ure.

    Die vakansie seisoen is hier. Is die verkeersdepartement gereed vir die toestroming van verkeer? Of word die tande geslyp vir al die boetes wat uitgereik gaan word vir verkeersoortredings en onsinnige parkeeroortredings sodat die geldkoffers gevul kan word?

    Roekelose bestuur en "padvark" bestuurders is volop in ons omgewing. Lourensrivierweg in die Strand is die nie-amptelike resiesbaan, maar nooit sien jy 'n verkeersman in die omgewing nie. Word asseblief wakker en begin doen die werk waarvoor julle aangestel is en betaal word, en hou op om die belasting-betaler se geld te mors.

    Met die hoë petrolprys, kan niemand bekostig om onnodig vir lang tye in toue te staan en wag om 'n rybeurt te kry nie.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.