DAVE VENTER, raadslid vir Wyk 83 skryf:
Al die projekte wat wyle rdl. Edward Pietersen van Wyk 15 beplan en geïnisieer het, sal ongetwyfeld voortgaan.
Ek het verneem dat mense veral in Macassar omgewing nou allerhande aantygings maak en beweer dat alles wat Edward vir Macassar se gemeenskap beplan het, nou van die baan is en dat Macassar se dienslewering nou daaronder gaan ly.
Dit is van alle waarheid ontbloot. Dienste en projekte in Macassar gaan voort soos gewoonlik. Tot tyd en wyl 'n tussenverkiesing gehou is en nuwe raadslid verkies is, neem ek waar as raadslid vir Macassar. Die publiek word versoek om asseblief steeds alle probleme te rapporteer. Hulle kan my bel by (021) 850-4163 of 083 663 7303.