|
|
|
14/02/2008 12:15 PM - (SA)
'Verbied honde hier'
150208
"PENSIONARIS" van Somerset-Wes skryf:
Op Maandag 4 Februarie om ongeveer 16:00 uur gaan stap ek langs die rivier by Radloff Park. Hier word ek aangeval deur 'n hond.
Die eienaar ('n jong Engelssprekende man) doen niks om die hond onder beheer te bring nie. Toe ek my met 'n ligte stok verdedig, word ek twee maal op 'n aggressiewe manier gedreig dat as ek weer na sy hond slaan, dan sal ek geslaan word, so erg, dat ek met die grond sal kennis maak. Dit het tyd geword om honde van hierdie area te verbied, sodat 'n mens vreedsaam kan gaan stap, sonder om deur onbeskofte eienaars se ongedissiplineerde honde lastig geval te word.
 |
Back to top
|
© Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234
2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.
|
|
 |