DEON SMIT skryf:
Die reaksie op my Strand Jetty-konsepvoorstel was regtig baie interressant.
Die navrae en oproepe het party dae 30 oorskry. Ek het voorlopige samesprekings met Eben van EZS beton konstruksies gehad. Met hul persoonlike bydrae sal die struktuur nie meer as R1,5 miljoen kos nie.
Die beraming van R5 miljoen sou wees as 'n hele nuwe jetty gebou word uit die grond.
Ek wil graag verskoning vra vir my reaksie oor mense wat wil geld maak uit die jetty.
Die bedoeling is dat geen kommersiële komponente op die jetty moet wees nie en dat dit die gevolg kon wees hoekom die projek kon sloer oor mense wat geld op die jetty wou maak. Ek vra vir die hele Jettytrust en enige ander betrokke persone om verskoning omdat dit verkeerd uitgedruk is.
Mense is selfs bereid om te kom help met die bou van die jetty. Tobie Basson sê hy sal sy eie kruiwa bring en kom help. Verskeie donasies is aangebied, maar sal eers na gekyk word as die projek in sy geheel in plek is en die verskeie owerhede tevrede is daarmee.
Ek wil Sanet Collard bedank vir haar inligting wat die "job makliker" sal maak, maar met al die departemente betrokke, dink ek die jetty moet maar snags gebou word. Ek bedank ook DistriksPos vir hul rol sover om mense bewus te maak oor die aangeleentheid.
Ek hoop om vinnig te speel en dan weer in die koerant te berig oor die vordering.