Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Country Craftmarket.  

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    21/02/2008 12:39 PM - (SA)
    'R44 nou nagmerrie'
    22/02/08


    Karen Geldenhuys van Somerset-Wes skryf: Ek is een van duisende motoriste wat daagliks die R44 tussen Somerset-Wes en Stellenbosch gebruik. Ja, in spitstyd verwag 'n mens swaarder as die normale verkeer, maar dit wat die afgelope twee maande op die R44 gebeur, is regtig 'n groot frustasie en 'n groot gemors.

    Boonop is die verkeersligte by die Annandale-pad en die R44 ook die afgelope ruk gereeld stukkend.

    As 'n reël staan die verkeer van Somerset-Wes deesdae soggens net na 07:00 al dikwels van net na Eikendal stil.

    'n Rit wat, in spitstyd, nog nooit meer as 20, op die meeste 25 minute geneem het nie, is nou een van 40 tot 45 minute - en ek ry nie eers soos die meeste ander mense tot in Stellenbosch en dus verby die skole, waar dit selfs nog erger gaan nie.

    Die probleem lê myns insiens by die nuwe robotte by Technopark wat nie gesinchroniseer is met dié by Stellenbosch Square/Jamestown aan die een kant en dié by die vulstasie aan die ander kant nie, sowel as by die feit dat daar tussen Stellenbosch en Somerset-Wes net nóg ontwikkelings goedgekeur word.

    Dus is daar nog meer mense op die pad - sonder dat die nodige infrastruktuur ook geskep word.

    Boonop begin alle besighede en die Universiteit soggens om 08:00, wat beteken dat pendelaars (wat geen ander opsie as eie vervoer het benewens mini-taxi's nie) eenvoudig almal dieselfde tyd op die pad moet wees om betyds by die werk te wees.

    Die koste hiervan in terme van produktiwiteit is bitter hoog - om nie te praat van die frustrasie en doodgewone tydmors waartoe dit lei nie.

    Wat doen die stadsvaders en -moeders hieraan? Weet hulle ooit hoe erg die situasie regtig soggens is?

    Praktiese oplossings is dat daar weer gekyk word na die sin-chronisasie van die verkeersligte - ek verstaan sommige is onder beheer van die Stellenbosch munisipaliteit en ander weer onder die Kaapse Wynlande. En hoekom kan besighede en veral die Universiteit nie kyk na die moontlikheid van fleksi-ure nie?

    "ONTEVREDE" van die Strand skryf:
    Eskom het amper die mensdom tot stilstand geruk vir 'n tydjie - die verkeer/ bestuurders se geduld was tot die uiterste beproef. Vir 'n paar dae was die bekende sanger en radio omroeper, Tommy Dell (Radio Helderberg), ons trooster en verkeersman oor die radio, want steeds vra die publiek: "Waar was die verkeerspolisie daardie dae?"

    Chaos - die pad net buite die Strand en die Lord Charles Hotel-kruising was 'n sirkus - die vieslikste taalgebruik en handgebare en histerie, paniek - noem dit - dit het daar plaasgevind! Waar was die verkeerspolisie?

    Waar was die mense wat ons op ons paaie moet lei en beskerm? Werk hierdie mense slegs binne kantore, kantoorure van 10:00 tot 15:00?

    Presies dieselfde as ons die polisie benodig - hulle daag of almal gelyk op (drie ingeprop voor in 'n polisievoertuig!) met die hele vloot voertuie wat wel beskikbaar is vir die hele Helderberg area, skreeuende bande en sirenes of niemand daag op nie, want daar is nie voertuie en personeel beskikbaar nie?

    Daar sal nie wees nie, want almal vergader op een toneel op 'n slag. Julle ry derduisende rande se brandstof elke dag uit - heen en weer, op en af in areas waar julle nie eers moet wees nie!

    Baie van die mense in beheer van die voertuie ry soos maniakke, op teen sypaadjies, stop vinnig, trek weg met skreeuende bande!

    Weet julle wat die onder-houdskoste van so 'n voertuig is?

    Die Stadspolisie in die Helderberg area - wat is hul doel op skrif? Wat is die doel van hierdie mense - wie betaal hulle om wat presies te doen?

    By die aanklagkantoor draai jy liewers om en stap uit, want die houding, onvriendelikheid en moeg-uitdrukking op baie van hul gesigte spreek boekdele... Dankie vir die handjie vol mense wat wel hierdie poste beklee omrede hulle wil en nie omdat hulle moet nie! Jy het 'n keuse.

    Daar buite is nog soveel werkloses wat daardie stoel begeer, waaraan jy so hang.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.