Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Country Craftmarket.  

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    28/02/2008 11:39 AM - (SA)
    'Aanmerkings is ongegrond'
    29/02/08


    Dr. Bernhard Ficker van Somerset-Wes skryf: Ek verwys na die brief in verlede week se DistriksPos, "Kritiek is ongevraag" deur ene "Inwoner". Hoekom wil "Inwoner" nie sê wie hy is nie? Deur te skryf "daar was miskien 'n doel daarmee" dat die kar gesteel is, lyk dit asof hy die diefstal probeer regverdig. Geen slagoffer sal saamstem dat daar ooit 'n doel kan wees met die diefstal van sy voertuig nie, behalwe dat die dief homself wou verryk en die slagoffer ernstig benadeel.

    Niemand moet ooit die diefstal van enige voertuig probeer goedpraat, soos wat die briefskrywer probeer doen nie. Na die verskyning van die oorspronklike nuusberig, het 'n persoon ingebel en bevestig dat haar voertuig ook deur 'n insleepvoertuig gesteel is. Sy het dit gesien en die voertuig se spore was daar om dit te bewys. Dit was egter te donker dat sy die besonderhede van die insleepvoertuig kon vaslê.

    Ja, insleepvoertuigbestuurders doen ook goeie werk.

    Maar soos in elke loopbaanrigting, is daar blykbaar ongelukkig ook maar skelms onder hulle.

    Dit sal goed wees as die eerlike insleepvoertuigbestuurders kan help om die skelms en vrotkolle onder hul geledere te help uitroei.

    Intussen moet inwoners maar die besonderhede van alle insleepvoertuie neem wat hulle in hul omgewing sien.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.