Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Country Craftmarket.  

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    20/03/2008 11:31 AM - (SA)
    'Strate hier baie onveilig vir kinders'
    210308


    BERTHA KOK skryf: Maandagoggend 25 Februarie is 'n persoon op die hoek van Campbell- en Reigelaan deur 'n motor raakgery. Druk verkeer kom in die strate rondom Laerskool Beaumont voor, wanneer kinders by die skool af- of opgelaai word - ook tydens sportgeleenthede. Motors parkeer aan beide kante van die straat, wat die sigbaarheid beperk.

    By Helderzichtstraat, oorkant die skool se swembad, is die sypaadjie as gevolg van plantegroei besonder smal, met die gevolg dat voetgangers in die straat inbeweeg terwyl aankomende motors tussen die geparkeerde motors moet deurry. Die meeste bestuurders ignoreer geel strepe, asook die twee stoptekens in Campbell-laan, veral die een na Van der Merwestraat.

    Die verkeerstekens wat op die straatoppervlakte geverf is, is dof, bykans onsigbaar. 'n Verdere veiligheidsrisiko is spoed, talle persone gebruik terselfdertyd hul selfone.

    Tuinery op die sypaadjies noodsaak kinders en voetgangers om in die straat te loop en belemmer ook die uitsig.

    Boomtakke hang ook laag oor die strate en motors moet uitswaai om dit te vermy.

    Sal die instansies wat vir die veiligheid van die kinders en die algemene publiek verantwoordelik is, asseblief optree?




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.