"Bekommerde ma" van Macassar skryf:
Ek is dankbaar dat daar darem iemand is wat wil opstaan teen die groot euwel van drankmisbruik in ons dorp.
Ek dink John Heuvel, die nuwe raadslid, is op die regte pad met al sy voorgestelde planne en projekte om die jeug te stimuleer en werkskepping aan te moedig.
Dit was vir my 'n groot skok om te sien dat 'n drankwinkel op van die heiligste dae op die Christenkalender, Goeie Vrydag en Opstanding Sondag, oop was, tewyl ander plekke in ander dorpe toe was.
Wat het van respek geword en waarom ondersteun mense nog die besigheid wat geen respek betoon nie?
Moet ons mense eers as gevolg van drank ten gronde gaan, voor ons aan die probleem gaan aandag gee?
Wat my bekommerd maak, is dat die drankraad wat ons moet beskerm, sulke euwels toelaat, maar dit is seker 'n kwessie dat die mense van Macassar moet hulle maar doodsuip.
Dit is vir my baie vreemd dat die geestelike leiers van die woongebied baie stil is oor die saak.
Doen tog iets om ons jeug van nie net die tik duiwel te red nie, maar ook van drank.