Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Country Craftmarket.  

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    17/04/2008 01:20 PM - (SA)
    'Daar is 'n uitweg'
    180408


    JOHAN KIRCHNER van Somerset-Wes skryf: Na aanleiding van die brief "Geraas maak hulle ook mal' (DistriksPos 11 April), wat kla dat hulle nie kan slaap weens die geraas snags nie, wil ek net sê hulle kan hul beroep op artikel 25 van die Wet op Omgewingsbewaring (Wet 73 van 1989) wat op 20 November 1998 in die Provinsiale Koerant gepubliseer is.

    Ek het die betrokke regulasie gaan trek en daarvolgens word 'n verbod geplaas op enigiets wat 'n geraasoorlas is.

    Dit sluit dit in dat niemand 'n radio, televisiestel, tamboer, musiekinstrument of klankversterker luidsprekerstelsel, mag gebruik of speel of toelaat dat dit 'n oorlas is nie.

    Die boete vir dié soort oortreding is vasgestel op R500.

    Volgens die strafbepaling van die betrokke regulasie, is persone wat die regulasie oortree, of versuim om daaraan te voldoen, skuldig aan 'n misdryf en kan hulle in 'n hof 'n boete van hoogstens R20 000 of twee jaar tronkstraf opgelê word. En ingeval hulle volhou met die geraasoortreding, kan 'n boete van R250, of 20 dae tronkstraf opgelê word vir elke dag wat die oortreding voortduur. Ek het by 'n landdros vasgestel dat die wet steeds staan en toegepas kan word. Die skrywer van die brief, en ander mense is welkom om my te bel by (021) 851-9437 vir meer inligting.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.