Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Society for the aged  

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    17/07/2008 11:31 AM - (SA)
    'Strand is 'n gemors'
    180708


    "KLIPPIE IN DIE SKOEN" van die Strand skryf: Met hierdie skrywe wil ek ook net ietsie sê oor die ou polisiestasie gebou langsaan Shoprite in Wesleystraat, Strand.

    Nadat ek met ons geagte munisipale raadslid en LUR in Helderberg gepraat het, oor ons inwoners se probleem met die straatmense wat ingaan by die ou gebou, het hy voorgestel ek praat met van die inwoners en ook die besighede in Wesleystraat en rond?om die ander strate en kry 'n skrywe van hulle.

    Ons senior burgers en jongmense is baie bang om daar langs te stap dorp toe.

    Hoekom moet ons mense nou verder stap oor die gemors?

    Ons wil weet hoekom so 'n plek nie platgeslaan kan word nie. Ons veiligheid word hierdeur be?dreig.

    Nou moet ons 'n ompad loop vir ons eie veiligheid en die strate hier rond is net so 'n gemors.

    Ek het persoonlik ook ons geagte burgemeester van Kaapstad probeer kontak, met geen te?rugvoering nie.

    Nou wil ek weet: wat help dit dat ek as gewone inwoner van die Strand probeer help en dit is die reaksie wat ek kry? 'n Hele paar oorsese inwoners het al vir my gevra hoekom lyk die Strand deesdae so.

    Wat kan ek sê, dit is mense wat woonstelle besit in Kusweg. Waar die Strand voorheen be?kend was as die lekkerste vakansieplek, veral in die somer, is dit nie meer so nie, veral met al die gemors en inbrake hier asook die onveiligheid. Besighede se omset verswak as gevolg van dit alles.

    "BAIE ONTSTELDE BELASTINGBETALER" skryf:
    Ek en my man stap Maandag by die Strand jetty verby en ons monde hang oop. Daar is seku?riteitsheinings opgesit, die lengte en breedte van die jetty. Behalwe dat dit aaklig lyk, kan mens net in ongeloof dink dat die Stad Kaapstad se besluitnemers totaal die kluts kwyt is.

    Ek verstaan hulle is bang iemand kry seer op die verweerde jetty en neem hulle dalk hof toe, maar mensig, breek die vrot hout af, maak die opening in die strandmuur toe, maar om so geld te mors!

    'n Vriend is in konstruksie en sê hy skat daardie heining kos meer as R150 000. Dis geld in die water, want dis onbehandel, so dit gaan gou roes, wat dit onbruikbaar maak vir 'n volgende projek. Daardie geld kon eerder in die Jettytrust gestort word en dinge bespoedig het.

    Maar ons is nou al gewoond dat oorhaastige, duur besluite ten koste van belastingbetalers gemaak word. En waar is al die raadslede wat ons die son, die maan en die sterre beloof het?




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.