Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    13/03/2008 11:52 AM - (SA)
    Berei jou tuin voor vir die wintermaande
    140308


    DIE somer is amper verby en met die skaduwees wat langer word, kan ons koeler dae verwag wat tuinwerk 'n plesier maak. Dis tyd om die tuin te begin opruim terwyl jy die laaste blomme van meerjariges soos Michaelmas madeliefies, dahlias en Plectranthus geniet. Jy sal sien dat die bessies al begin verkleur het.

    Die koeler nagte moedig die blomvorming van plante soos Cymbidium-orgidieë, aalwyne en Bergenia aan en hulle moet dus spesiale aandag kry. Terselfdertyd begin ander plante stadiger groei en die blare van baie bladwisselende plante begin verkleur en sal gou afval. Hou dit om jou eie blaarmolm te maak.

    Daar is baie te doen in die tuin terwyl jy gereed maak vir die winter wat voorlê, maar ook vir die lente.

    Berei beddings voor vir die winter wat voorlê, maar ook vir die lente. Berei beddings voor vir die herfsaanplanting van beddingplante wat in die winter en lente blom. Gebruik jou tyd om jou lentetuin te beplan en kies en koop dan bolle terwyl dit nog geredelik beskikbaar is. Moet dit nog nie plant nie, aangesien dit nog te warm is en hou 'n paar eenkant om te versnel vir winterkleur in jou huis. In die blomtuin kan beddings gereed gemaak word om in die herfs te beplant. Spit 'n klomp kompos in die boonste 30 cm in terwyl jy die grond omkeer. Voeg 'n paar weke voor planttyd 'n paar hande vol algemene kunsmis by elke vierkante meter saam met bietjies hoef-en-horing- en beenmeel.

    Verspeen saailinge wat ontkiem het van saad wat in Februarie gesaai is en plant in houers met individuele afskortings. Dien organise bemesting en groeihormoon in water toe.

    Saalinge van Primula, wildegesiggie, somerviooltjies en linaria moet klam gehou word. Dun uit waar hulle mekaar verdrink en gebruik die oormaat om gapings in die tuin te vul.

    Koop bolle sodra dit beskikbaar is en bêre dit op 'n koel, donker plek tot dit geplant moet word. Bestel behandelde tulpbolle. Verdeel Inka-lelies net indien nodig omdat dit hulle 'n ruk neem om weer gevestig te raak en te blom. Verdeel immergroen agapante wat mekaar verdring. Sny afgeleefde meerjariges terug. Trek die ou blomsteen van nuut geplante polle uit en vul die holte met kompos.

    Gee rose 'n laaste toediening van algemene kunsmis of 'n organiese ekwivalent. Gaan voort om te spuit en te bemes in warm streke.

    Bemes grasperke met 3:1:5 of kaliumryke organiese bemesting om gras vir koel sei-soene te versterk en reserwes op te bou.

    Maak kompos van uitgeblomde jaar-plante, kombuisafval en tuinafval.

    Maak 50 mm-harde-houtsteggies van kris-misrose, hibiskus, Abelia en ander vin-nig groeiende struike. Van saad van somerjaarplante soos kosmos, Cleome en afri-kaners. Kies 'n warm dag sodat die saak heeltemal droog kan word, en verseël dit dan in papiersakkies of bottels. Skryf name op.

    Struike wat mid- en laatsomer blom en bome wat klaar ge-blom het, soos die skoenlapperbos en Greyia, kan nou ge-snoei word.

    Verwyder die gladde, rooibruin waterlote teen die basis van bougainvilleas sodra hulle verskyn. Gee huisplante minder water wanneer die koeler dae aankom. Plant 'n paar bolle in potte vir kleur in die huis. Plant sommige in potte of houers en ander, soos hiasinte, in bottels gevul met water en klippies. Plaas laasgenoemde sodat die onderkant van die bol aan die water raak. Voeg 'n paar stukkies houtskool by om die water skoon e hou.Week die saad van pronkertjies in warm water of oornag voor jy dit plant. Saad wat nie uitgeswel het nie, moet met 'n warm, gesteriliseerde naald geprik word. Plant dit in goed voorbereide vore en 15-20 cm uitmekaar. Beskerm die nuwe, jong lote teen voëls.

    Hou vol met 'n natmaak- en bemestingprogram vir groente. Bemes winterkoolsoorte met KAN of met 'n stikstofryke organiese ekwivalent.Plant uiesaad in goed bemeste grond, maar maak eers seker dat jy variëteite kies wat geskik is vir jou area. Pluk ryp pampoene sodat 'n stukkie van die steel aan die pampoen agterbly. Sny aspersies terug en droog 'n oormaat tamaties in die son of preserveer in olyfolie.

    Vang koljander-, dille-, karwei- en annysaad. Droog in bruinpapiersakkies en bêre in lugdigte houers. Sny dooie blomme van oreganum, marjolein en salie af.

    Bemes vrugtebome wat laat dra met 6:1:5 of 'n organiese ekwivalent na die laaste vrugte gepluk is. Bemes bome wat in Februarie bemes is en nie oormatige blaargroei toon nie weer met 6:1:5-korrelmis of 'n soortgelyke organiese produk. Strooi bemesting onder en rondom die drupsirkel of kruinrand van die boom en maak goed nat. Voltooi die somersnoei van perskes, nektariens en appelkose.

    (Bron: Tuimaak in Suid-Afrika deur die jaar, deur Marianne Alexander) Plae om na op te let::

    Vrugtevlieg, veral op vrugte wat afgeval het;

    Groeipuntverwelkbesies by dahlias;

    Plantluise op rose en krisantknoppe;

    Snywurm by nuut geplante saailinge;

    Roetskimmel - dit is 'n teken van dop-luise;

    Blaaspootjies op bolplante;

    Meeldou op kri-sante, dahlias; jakob-regops, skorsies en pampoen;

    Grasperkruspe; Grasdraertermiete op grasperke en Lemoen-ruspe op sitrus.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.