Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    20/03/2008 11:30 AM - (SA)
    Die Kia Picanto is prettig pikant!
    210308


    HET KIA 'n geheime agent of toekomsnavorser wat gebeure in ons land so goed ken en kan voorspel dat hulle op die regte oomblik die regte produk kan bekendstel wat in pas is met die jongste ekonomiese en politieke gebeure? Dit neem immers 'n jaar of wat voordat 'n nuwe model sy buiging op plaaslike toneel maak nadat die vervaardigers of verspreiders daarop besluit het. Die bekendstelling van die nuwe Picanto kom net op die regte tyd met die petrolprys wat nou die R8 per liter-grens oorgesteek het en 'n Rand wat by die dag verswak en 'n duister toekoms - gedeeltelik danksy Eskom - vir ons voorspel.

    Wat die meeste gewone motoriste nou soek is 'n motor wat min kos, lae onderhoud verg en laag op die lys van energieverbruikers is. Die Picanto is by uitstek een van hierdie motors wat toenemend in aanvraag gaan kom.

    Die Picanto is reeds sedert 2004 met ons. En hoewel hy nie 'n blitsverkoper was nie, het hy spoedig 'n groot aanhang gekry vanweë sy bekostigbare aankoopprys, suinige brandstofverbruik, omvattende waarborg, veiligheidseienskappe en, laaste maar nie die minste nie, sy pikante voorkoms en vrolike kleure!

    Die nuwe reeks is van buffer tot buffer herontwerp met die grootste verandering aan die voorkant waar die sierrooster nou die korporatiewe KIA voorkoms het en die nuwe agterligte die nuwe van die oue onderskei. Die nuwe een lyk oulik - hoewel die vorige mini-Audi rooster hom tussen die talle nuwe "vaal" karretjies laat uitstaan het!

    Die Picanto is nou ook in drie uitvoerings van "luuksheid" beskikbaar en ook met 'n outomatiese ratkas benewens die handratmodelle. Dit is die standaardmodel, die LX en EX variante.

    Dit is veral die "uittree motoriste" (lees pensionarisse en bejaardes) wat van die outomatiese modelle gaan hou - maar dan is dit die duurder weergawes waar ABS-remme en lugsakke as standaard-toerusting aangebring is. Aan die ander kant sal 'n ouer wat die Picanto vir sy eerstejaar-student dogter wil koop, seker ook die spesifikasies wat op die EX en LX aangetref word, ter wille van veiligheid wil hê. Met jou kind se veiligheid speel 'n mens nie. Al die modelle word aangedryf deur die beproefde 1.1 liter enkel-oorhoofse nokasenjin wat 48 kW teen 5 500 rpm ontwikkel en 98 Nm wringkrag teen 2 800 rpm beskikbaar stel. Dit stel die Picanto-handrat in staat om van 0-100 km/h in 15 sekondes te versnel en die naald by 152 km/h te laat draai. Gemiddelde brandstofverbruik is in die koers van 6,2 liters per 100 km vir die vyfgang handratkas en 7,3 vir die outomatiese viergangratkas. Hierdie verrigting laat 'n veilige tenk-tot-tenk afstand van 500 km.

    Die LX en EX-modelle word uiterlik van die basismodel onderskei deur die addisionele allooivellings en die gebruik van 'n ruitveër op die agterruit terwyl die EX voor ook misligte het en 'n drukvin agter met 'n ekstra remlig.

    Op die "intreemodel" is daar egter nie kragstuur nie en ook nie 'n lugsak vir die bestuurder nie; die res van die modelreeks het egter al hierdie modelle as standaardtoerusting - met volle elektroniese rembeheer op die topmodel as 'n kersie op die koek.

    Padhouvermoë is op standaard met die wiele wat op die uithoeke van die bak geplaas is, die gebruik van MacPherson stutvering voor en wringstawe agter. Anti-rol stawe hou die bakbeweging ook behoorlik in toom.

    Binne is daar die spreekwoordelike koffiebekerhouers en versteekte bêreplekke wat deesdae van alle motors verwag word. Op die duurder modelle kan die agterste sitplekke 1/3 of 2/3 vorentoe geslaan word om die rumte van die kattebak te vergroot en steeds sitplek vir 'n derde of vierde passasier te verskaf. Met die sitplekke afgeslaan word die pakruimte tot meer as 800 liter vergroot.

    'n Handige eienskap is dat al die deure met afstandbeheer gesluit of ontsluit kan word; die sleutel is ook van die transpondeertipe wat dit moeilik (-er) maak om die voertuig te steel.

    Op die LX en EX modelle is lugreëling en elektriesbeheerde spieëls aangebring; op die topmodel ook elektries-beheerde vensters rondom.

    Die prysreeks wissel tussen R77 995 vir die intreemodel met handratskakeling en R86 995 vir die outomatiese model tot R115 995 vir die topmodel met outomatiese ratkas en al die toerusting wat denkbaar is.

    Iewers tussen-in gaan daar 'n model wees wat aan die meeste nuwe motorkoper se vereistes gaan voldoen. KIA se 5-jaar/100 000 km waarborg gee gemoedsrus. Teen 'n ekstra R3 089.40 kan 'n diensplan vir twee jaar of 45 000 addisioneel verkry word om voorspelbare begrotings (behalwe vir die prys van petrol!) voorsiening te maak.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.