Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    12/06/2008 12:56 PM - (SA)
    Nuwe veeldoeler van Suzuki
    130608


    Hans Heese ALMAL onthou die koms van die Suzuki 410 4x4 jeepie in die vroeë jare tagtig. Die prys was net oor die R7 000 en hy het, volgens die toonaangewende motortydskrif CAR destyds, almal beïndruk met sy verrigting op los sand en sy vermoë om te gaan waar ander bloot gaan staan het!

    Suzuki is nou weer terug in die land en hierdie keer as volwaardige rolspeler - en nie deel van 'n groter Amerikaanse maatskappy nie.

    Die seun van die stigter van Suzuki, mnr Suzuki jr is spesiaal in die land om hierdie belangrike gebeurtenis mee te maak.

    Die nuwe SX4 is nie 'n volwaardige 4x4 met laestrekratte nie maar een van die kruismodelle wat slegte pad kan ry maar steeds die verrigting van 'n sedan/stasiewa het. Maar hou maar dop; later kom daar wel 'n viertrekweergawe en in September vanjaar die baie gewilde Vitara.

    En volgende week skryf ons oor die X4 se kleinboet, die Swift.

    Die Suzuki SX4 is 'n mooi, byderwetse ontwerp wat beslis die oog vang en direk met Koreaanse en Duitse modelle in die kruisreeks (C-Klas) meeding.

    Binne is alles wat daar moet wees; 'n uitstekende klankstelsel wat die jonges gaan trek en vir ouer mense net so goed gaan wees; die inklim en uitklim met die hoër bak in die gemaklike sitplekke is pluspunte.

    En vir die groep tussen-in, is die laairuimte en die sitplekke agter wat 60/40 verdeel om ekstra pakplek te verskaf, baie nuttig.

    Daar is ook alles wat elektries verstel kan word teenwoordig en die instrumente-uitleg is eenvoudig sodat daar nie eers 'n handboek gelees hoef te word oor hoe en wat en waar gedruk of getrek moet word nie. Hier kry hy tien uit tien.

    En die kersie op die koek is die beheer-kontrole vir spoedbeheer wat vanaf die stuurwiel beheer kan word en ?n positiewe veiligheidsfaktor is.

    Soos gepas by lewenstyl voertuie het die SX4 talle bergplekke; daar is bekerhouers voor en agter, bottelhouers in die voor- en agterdeurvakke en baie handige uittreklaai onder die voorste passasiersitplek.

    Ander plusfaktore is ook die aanwesigheid van 'n ritrekenaar wat nie net brandstofverbruik aantoon nie maar ook buite-temperatuur.

    'n Ander handige eienskap is dat die sleutel nie gebruik hoef te word om die motor oop te sluit of die aansitter te aktiveer nie; met die sleutel in die sak of handsak, is 'n mens mobiel.

    Van veiligheid gepraat; daar is dubbele lugsakke voor, kantlugsakke en gordynlugsakke is standaard, asook die ISOFIX kleuterstoel-ankerpunte. Verder is daar (natuurlik) ook 'n ABS-sluitweerstelsel en elektroniese remkragverspreiding en noodrembystand is ook standaard. 'n Verdere voordeel is dat ?n diefopsporingstelsel standaardtoerusting is; dit moet net geaktiveer word deur die eienaar.

    Die SX4 is in beide handrat en outomatiese aandrywing beskikbaar en gebruik 'n tweeliter-enjin van 1 995 cc, wat 107 kW teen 5 800 r/min ontwikkel en 184 Nm teen 'n rustige 3 500 r/min beskikbaar stel.

    'n Pluspunt is dat vergelykende modelle van 1,5; 1,6 en 1,8 liter enjins gebruik maak in hulle modelle. Wat ?n mens by brandstofverbruik laat beland.

    Uit ervaring het ons al geleer dat groter nie noodwendig swaarder op brandstof is as kleiner enjins nie; die kleiner eenheid moet dikwels harder werk as die groter enjins om dieselfde verrigting te lewer.

    Toetse aan die Rand (Gerotek) het getoon dat 'n verbruik van 8,4 liter/100 km vir algehele verbruik vir die handrat haalbaar is met 8,7 vir die outomatiese weergawe.

    Verrigting is goed: Die handrat versnel van 0-100 km/h in 9,4 sek terwyl die naald op 'n egte 184 km/h sal gaan draai.

    'n Produk is alleen so goed (of sleg) soos die agente en die dienspunte van die voertuig.

    Suzuki begin met 'n skoon lei en maak daarop aanspraak dat hulle die hoogste gehalte van diens en na-verkope-diens gaan lewer; in elk geval in hulle klas waar hulle meeding.

    En met die kompetisie wat elke dag op die motorfront toeneem, veral in die groep goedkoper voertuie, is hierdie 'n groot uitdaging. Suzuki sluit dus 'n volledige diensplan en verlengde padbystanddiens in by die prys; die Suzuki Complete-pakket.

    Dit bestaan uit 'n diensplan van ses jaar/90 000 km, 'n waarborg van drie jaar/100 000 km, 'n verlengde padbystanddiens van drie jaar en 'n Altech Netstar Sleuth-opspoorstelsel.

    Die handrat SX4 verkoop teen R163 900 en die outomatiese weergawe teen R176 900. Die Suzuki SX4 is 'n mooi, byderwetse ontwerp wat beslis die oog vang.

    Soos gepas by lewenstyl voertuie, het die SX4 talle bergplekke; daar is bekerhouers voor en agter, bottelhouers in die voor- en agterdeurvakke en baie handige uittreklaai onder die voorste passasiersitplek.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.