Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    19/06/2008 10:59 AM - (SA)
    Suzuki Swift 'n kalant met skop
    20/06/08


    Hans Heese

    GEDINK ons gaan oor 'n nuwe motorfiets skryf? Suzuki is immers sinoniem met motorfietse. Verkeerd; dit gaan om die nuwe klein motortjie van Suzuki wat op die einde glad nie so klein is nie.

    Met stygende rentekoerse en petrolpryse wat die hoogte inskiet, was die marksegment vir klein en kompakte motors nog nooit so mededingend soos nou nie. Met die aankoms van die nuwe Suzuki Swift word hierdie populêre en belangrike segment van die motormark behoorlik deurmekaar gekrap.

    Die Swift is 'n byderwetse luikrug wat nie net gesofistikeerd, jonk en sportief lyk nie, maar ook nuwe standaarde vir gehalte in sy klas stel. Verder is hy uit-en-uit Europees van voorkoms en konstruksie met 'n sportiewe geaardheid; veral die handratmodelle.

    Tienerdogter in die huis sal hom beslis "cute" noem!

    Suzuki se ontwerpers het soveel moontlik van die beskikbare binneruimte benut, en terselfdertyd die buite-afmetings van die Swift so ver moontlik beperk. Dit sorg vir vlakke van gerief, gebruikersvriendelikheid en aanpasbaarheid wat die Swift onder die voorstes in sy klas plaas. Maar veiligheid is ook nie afgeskeep nie; hy het 'n indrukwekkende reeks veiligheidskenmerke en 'n vierster-punt in die gesaghebbende Euro-NCAP veiligheidstoetsreeks verwerf. Lugsakke voor is standaardtoerusting met kantlugsakke en gordynlugsakke in die GLS-weergawes. ABS-sluitweerremme met die jongste elektroniese remkragverspreiding (EBD) en noodrembystand is ook standaard op al die modelle.

    Wat sekuriteit en gerief betref is die afstandbeheerde sentrale sluiting standaardtoerusting. Die sluitstelsel is ook gekoppel aan 'n geïntegreerde immobiliseerder en alarmstelsel.

    Die sport-ontwerp sorg daarvoor dat die Swift se groot wiele op die verste hoeke van die motor geplaas is wat die asafstand so lank en die spoorwydte so breed moontlik maak sonder dat die motor lomp raak. Die voordeel hiervan is dat die hantering en stabiliteit van die Swift uitstekend is, ook op grond en sinkplaatpaaie. Hantering om draaie is ook een van die byvoordele wat met hierdie ontwerp verkry word. Dit word nog verder verbeter deur die feit dat die Swift ook die breedste agterste spoorwydte in sy klas het.

    Dit gee ook aan die Swift 'n parmantige voorkoms.

    Die warm hart van die sportiewe knaap is sy 1 490 cc-enjin wat van elektronies-beheerde veelpunt-brandstofinspuiting en VVT-veranderlike kleptydreëling gebruik maak om die optimale krag- en wringkrag teen alle enjinsnelhede te lewer. Die enjin ontwikkel 74 kW teen 6 000 r/min en stel 'n heel skaflike 133 Nm wringkrag teen 4 000 r/min beskikbaar. Op die pad sorg dié syfers dat die liggewig Suzuki Swift-handratmodel in net 10,0 sek van 0-100 km/h versnel, en met 'n topsnelheid van 175 km/h kan spog.

    Dit is interessant dat die meeste van sy mededingers oor enjins van 1,3 en 1,4 liter beskik.

    Ondanks die klem op verrigting is die Swift steeds indrukwekkend suinig wanneer dit by brandstofverbruik kom.

    Die gekombineerde verbruiksyfer is 6,1 liter/100 km wat vir 'n sedan met uitstaande verrigting nie sleg is nie. Die brandstoftenk tap 43 liter en gee 'n handige reikafstand van meer as 600 km. Dit is een van sy groot bonuspunte.

    Die laaste, maar moontlik ook die belangrikste kenmerk van die nuwe Swift is die uitsonderlike waarde wat die motor bied, veral in ag genome die lang lys weelde- en geriefkenmerke waarmee die luikrug toegerus is. Binne is daar alles wat daar moet wees; vanaf ?n uitstekende radio-cd-klankstelsel en lugreëling en elektriese verstelling van die buitespieëls.

    Suzuki is terug met mag en mening en het nou sy eie onafhanklike handelaarsnetwerk gevestig. Soos met elke nuwe vervaardiger, soos ook nou met die intog van die Chinese, is almal daarop uit om klante te werf met buitengewone diens. (U onthou die gesegde oor nuwe besems ...) Om hulle beloftes gestand te doen word elke nuwe Swift met die gratis 'Suzuki Complete'-dienspakket aangebied. Hierdie pakket behels 'n volledige waarborg van drie jaar of 100 000 km teen vervaardigingsfoute en materiaaldefekte, as ook 'n sesjaar-waarborg teen roes.

    Die Swift word boonop met 'n diensplan van vier jaar of 60 000 km toegerus, wat die arbeid- en onderdelekoste vir roetine dienste gedurende dié tydperk dek. Dit sluit enjin-, ratkas- en ewenaarolies in, asook filters, vonkproppe, alle vloeistofvervangings en die aandryfbande vir bykomstighede. Dit sluit verder 'n padbystanddiens van drie jaar in wat in werking tree wanneer die motor breek of in 'n ongeluk betrokke is. Die dekking maak ook voorsiening vir noodbystand.

    'n Unieke veiligheidsmaatreël in elke nuwe Swift is die ingeboude Altech Netstar Sleuth-opspoorstelsel wat met die aankoop van die motor geaktiveer word (en waarna 'n maandelikse intekenfooi betaal moet word). Die Swift 1.5 GL verkoop teen R116 900 terwyl die hoër-spesifikasie 1.5 GLS die eienaar R131 900 uit die sak sal jaag. Die GLS viergang-outomatiese ratkasmodel verkoop teen R144 900.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.