Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    24/07/2008 03:13 PM - (SA)
    Nissan sê totsiens vir 1400 bakkie
    250708


    MOTORJOERNALISTE word gewoonlik deur motormaatskappye genooi om die bekendstelling van 'n nuwe model by tewoon, maar verlede week was dit tyd om totsiens te sê toe Nissan SA bekend gemaak het dat die produksie van die 1400 bakkie tot 'n einde gekom het.daaraan dink dat die Nissan 1400-bakkie die langsdienende voertuig in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse motorbedryf is. Maar daar is 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan en so het die tyd om te gaan vir die "Kampioen van Afrika" aangebreek.

    Nostalgie was dus aan die orde van die dag toe Nissan verlede week op 'n uithanggeselligheid op die Lanseria-lughawe die pers op die geleentheid onthaal het om hulde te bring aan 'n uitsonderlike suksesverhaal.

    "Die Nissan 1400-bakkie is die hoeksteen waarop die reputasie van Nissan se handelsvoertuie gebou is. Die Nissan 1400 is 'n opregte ikoon in die geskiedenis van Suid-Afrika se motorgeskiedenis, en sal nog vir jare onthou word as die "Kampioen van Afrika", het Chris Schell, hoofbestuurder van Nissan Suid-Afrika se afdeling vir ligte handelsvoertuie, gesê.

    En dis te betwyfel of hierdie stelling deur enigiemand betwis kan word.

    Die Nissan 1400-bakkie het in 1971 sy buiging op die Suid-Afrikaanse motormark gemaak waarvan daar sedertdien meer as 275 000 eenhede verkoop is. Die oorspronklike Datsun 1200, waarvan daar tot vandag toe nog enkeles op die pad gesien kan word, het in 1980 in die Datsun 1400 ontwikkel en staan van 1990 af as die Nissan 1400 bekend.

    Dié bakkie het die welverdiende reputasie van ideale klein werkesel verdien - danksy sy skitterende betroubaarheid, lae instandhoudingsvereistes en beskeie prys.

    Dié voertuig het as Standard- en Champ-weergawes sy merk die afgelope dekade as een van die mees bekostigbare ligte handelsvoertuie in die Suid-Afrikaanse motormark gemaak.

    As mens in hierdie tydperk enige ander agterwiellaangedrewe bakkie wou hê, sou jy minstens R40 000 meer moes opdok.

    Terwyl letterlik dosyne en nogmaals dosyne verskillende passasiers- en handelsvoertuie hulle verskyning op die Suid-Afrikaanse motormark gemaak het, om na 'n jaar of twee te verdwyn, het die Nissan 1400 gekom om vir 37 jaar te bly - en sodoende selfs die bekende VW Beetle in terme van jare in produksie in SA oortref. So het die Nissan 1400 sy immer teenwoordigheid behou en homself as 'n lojale en betroubare vriend van baie Suid-Afrikaanse verbruikers bewys.

    Die eienaars van klein ondernemings en vlootoperateurs glo steeds in die immergroen 1400-bakkie en is ontsteld oor die nuus dat hy aan die einde van sy paadjie gekom het.

    Nissan SA het dit dus goedgedink om op 'n paslike manier van die 1400 afskeid te neem deur die produksie van 'n beperkte 150 "Heritage Edition" bekend te maak. Dié genommerde weergawes sal Herigage Edition-kentekens hê, sowel as rubber-bedekking in die laaibak, 'n Nerfstamper en 'n trekstang. Dié beperkte weergawes sal ook spesiale sport?sitplekke en misligte aan die voorkant as bykomstighede hê. Die Heritage Edition sal dus versamelingswaarde hê aangesien daar net 150 modelle beskikbaar sal wees.

    Goeie nuus is dat nommer 1 van hierdie modelle deur Nissan geskenk word aan die wenner van 'n kompetisie waarin gewese en huidige eienaars genooi word om hulle Nissan 1400-bakkiestories, videos of foto's wat hulle Nissan 1400-herinneringe die beste weerspieël, in te skryf. Die wenner sal met die nommer 1-weergawe wegry.

    "Aangesien net 150 modelle van die Heritage Edition-weergawe beskikbaar is, is ons baie opgewonde dat ons in 'n posisie is om een te kan weggee. Ons sien ook baie daarna uit om al die snaakse, hartseer, onvergeetlike, bemoedigende en emosionele stories te hoor wat wat mense on oor hierdie baie spesiale voertuig kan vertel," aldus Chris Schell.

    Dié staaltjies kan op die webblad www.thelast1400.co.za afgelaai word of 0800NISSAN kan geskakel word. E-pos kan aan infodesk@nissan .co.za gerig word vir verder inligting in verband met die kompetisie.

    Nissan vragmotors is vir die eerste keer in 1932 in Japan gebou en het sekerlik letterlik en figuurlik diep spore in die Japanese oorlogsoffensief gedurende die Tweede Wêreldoorlogsjare getrap. Slegs vier jaar na die eerste B20-bakkie in Japan bekend gestel is, is die 1200 Datsun in Suid-Afrika beskikbaar gestel. Die statistieke van die Nissan 1400-bakkie vertel daarna hierdie suksesverhaal in geen onduidelike terme nie.

    In 1979 word die 40 000 verkoopsyfer behaal, in 1989 die 100 000 merk, in 1995 die 100 000 kerf en tot op datum is meer as 275 000 bakkies verkoop. Voorwaar 'n prestasie wat moeilik deur ander motorvervaardigers oortref sal word.

    Goeie nuus, egter, is dat Nissan begin Oktober vanjaar die ietwat groter 1600-bakkie bekend sal stel waarvan die pers alreeds iets te sien gekry het en wat ons oortuig is net so 'n treffer as die 1400 gaan wees.

    Tot dan sal Nissan-entoesiaste moet wag en sal die tyd leer of die nuweling die enorme skoene van die 1400 sal kan vol staan.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.