Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    26/06/2008 11:57 AM - (SA)
    Mazda 5 is eintlik 'n 6 of 7!
    270608


    Hans Heese MAZDA is waarskynlik een van die maatskappye wat motors maak, wat seker die meeste onderwaardeer word, of soos die Engelse sê, "underrated."

    Die kritiese en dikwels punternerige Duitsers, het 'n klompie jare gelede Mazda aangewys as die beste ingevoerde motor in Duitsland. Plaaslik het die Gilde van Motorjoernaliste onlangs die nuwe Mazda 2 as die Motor van die Jaar aangewys. So iewers doen Mazda iets reg wat baie Suid-Afrikaanse motorkopers nog nie agtergekom het nie!

    Maar die prentjie is vinnig besig om te verander. In Suid-Afrika, waar die motorverkoopsyfers vir Januarie tot Mei tans in 'n vryval is met 14.6%, het Mazda se syfer plaaslik met 45,9% gegroei en het hulle nou 'n markaandeel van 1.5%.

    Die Mazda 5 - wat ook ses of sewe mense kan vervoer - is 'n relatiewe nuwe en welkome mededinger in die veeldoelige nutsvoertuigmark in die land. Die eerste modelle is in 2007 plaaslik bekendgestel en daar het onlangs 'n verbeterde uitgawe op die mark verskyn. In 'n tyd wat brandstofekonomie by die dag meer belangrik word, maak die relatief groot voertuig ook sin omdat die ptrolrekening tussen sewe individue wat saamry, gedeel kan word. Vergelyk dit nou met die brandstofrekening van 'n super-ekomomiese motortjie wat slegs vier persone in gemak kan vervoer en die Mazda met sy sewe sitplekke begin ekonomiese sin te maak. Boonop is hierdie tweeliter-enjin ook besonder ekonomies en was die algehele brandstofverbruik tydens ons toets uitstekend; die verbruik was 'n baie voorbeeldige 8,7 liter per 100 km sonder dat daar probeer was om "ekonomies" met hom te ry.

    Die Mazda 5 is 'n mooi motor - van alle kante af gesien - en kan op die uiterlike alleen met die beste in die plaaslike mark meeding. Die wigvormige ontwerp van die Mazda 5 help uit die aard van die saak ook om windsleur te verminder, geraasvlakke te verlaag en, dan ook brandstofverbruik in toom hou.

    Die Mazda 5 het die gerieflikheidsvlakke van heelwat duurder voertuie in dieselfde klas. Ons eerste kennismaking met 'n veeldoelvoertuig wat oor afstandbheerde elek?tries skuifdeure beskik het, was die Chrysler Voyager. Nou is hierdie baie handige - en ook veilige - eienskap standaardtoerusting op die smaakvolle Mazda 5. Boonop het hulle seker gemaak dat die meganisme reg werk; daar is 'n veiligheidstelsel wat sensitief genoeg is om te keer dat iemand beseer word as daar 'n hand of been buite is terwyl die deur toegaan. Aan die ander kant is die stelsel goed beproef om te verseker dat die skuifdeure nie in die ry oop en toe sal gaan nie - soos daar al by motors wat goedkoper is as die Mazda of Chrysler al gebeur het nie. Boonop is die Mazda ook toegerus met 'n skakelaar wat die outomatiese en elektriese funksie kan omseil as dit nodig sou wees. Dit is hierdie eienskappe wat van die Mazda 5 'n uitstekende voertuig maak om deur maatskappye gebruik te word wat daagliks be?langrike mense heen en weer moet vervoer - veral as die persone al ouer is en moeilik beweeg. Of dan natuurlik ook die vervoer van Baie Belangrike Persone na baie belangrike hotelle!

    Die drie rye sitplekke is só ontwerp dat elke ry effens hoër is as die een voor hom, om almal die pad te laat sien. Beide tweede en derde ry sitplekke kan heeltemal plat slaan wat dan 'n maksimum bagasieruimte van 857 l bied. Pakplek vir allerhande kleinighede is orals angebring en selfs 'n versteekte bottelhouer. Tussen die sitplekke in die middelste ry kan 'n sewende "mini" sitplek afslaan wat weggepak kan word in 'n holte onder een van die ander sitplekke en ook as armrus gebruik kan word; daar is in elke geval ook armrusse aan die buitekante aangebring vir daardie ektra weelde en gemak. Beenspasie in die derde ry sitplekke is egter beperk en miskien nie vir volwassenes bedoel nie. Die bestuursitplek sowel as die stuurwiel kan horisontaal sowel as vertikaal verstel word wat aan bestuurders van van alle groottes 'n optimale be?stuursposisie verskaf.

    Al die luukses is daar, knoppies om alle funksies te beheer en ook kontroles op die stuurwiel om die klankstelsel en spoedbeheer te verstel. is ook op die stuurwiel aangebring terwyl temperatuurkontrole maklik bereikbaar is. Die rathefboom is hoog op die instrumentepaneel en naby die stuurwiel gemonteer wat ekstra ruimte skep en gladde ratwisseling verseker.

    Die 5 se onderstel is op dié van die Ford Focus geskoei en bied uitstekende padhouvermoë en baie min bakrol. Die twee liter enjin lewer 107 kW teen 6 000 opm en stel 185 Nm teen 4 500 rpm beskikbaar. Dit stel die Mazda 5 in staat om van 0-100 kmh in net meer as 10 sekondes te versnel en 'n topsnelheid van 198 km/h te haal. Geventileerde skyfremme voor én agter sorg dat die Mazda 5 met behulp van ABS en EBD remhulp binne 2.76 en 39 meter vanaf 100 km/h spoed tot stilstand kan kom. Die brandstoftenk se kapasiteit is 60 liter.

    Met ses lugsakke, outomatiese temperatuurkontrole, uitstekende klankstelsel, verbeeldingryke spasiebenutting, sportiewe ontwerp, 'n vyf jaar/60 000 km onderhoudsplan en 'n waarborg van drie jaar/100 000 km is die Mazda 5 'n veeldoelvoertuig om ernstig te oorweeg.

    Boonop is die prys vir die Active toetsmodel R230 100 baie kompeterend en die effens minder luukse Active model teen R214 200 goeie waarde vir geld.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.