Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    03/07/2008 12:28 PM - (SA)
    'Nagtegale' kompeteer oorsee
    04-07-2008


    DIE Helderberg het verskeie jong "nagtegale" wat vandeesweek na Europa vertrek het om van 9 tot 19 Julie deel te neem aan die vyfde Wêreldkoorspele in die Oostenrykse stad, Graz, as deel van die Pro Cantu Jeugkoor en die Tygerbergse Kinderkoor (TKK). Duisende koorlede van regoor die wêreld sal in meer as 1 000 kooruitvoerings meeding in 28 kategorieë.

    Die Helderbergers wat in die TKK is en vandeesweek oorsee vertrek het, is Lené Koegelenberg, Belinda Stapelberg, Emma van Heyningen, Carmen Marais en Christen Torres. Lené, Belinda, Carmen en Emma is in Hoërskool Parel Vallei en Christen is in Laerskool Beaumont. Kyle Seconna en Annemien Ehlers, albei leerders van Hoërskool Hottentots-Holland, sal die Helderberg verteenwoordig in die Pro Cantu Jeugkoor.

    TKK besoek Italië tot 8 Julie waar hulle onder meer sal optree in Rome, Florence, Assisi en Venesië, voor hulle na Graz gaan. Hulle neem in drie kategorieë deel by die Wêreldkoorspele. Hulle hoop om weer bekroon te word as die beste kinderkoor ter wêreld. Hul onlangste verering onder dié titel was tydens die Llangollen International Music Eisteddfod in Wallis in 2006.

    Al die jongelinge is uit hul vel oor die voorgenome reis en het Maandag aan DistriksPos vertel: Carmen - "Die toer is vir my 'n ongelooflike voorreg en eer. Ek sien seker die meeste uit na die kompetisie self, want ek glo sterk dat ons baie goed sal vaar!"

    Christen stem saam en sê sy is ook opgewonde oor die toere na Rome, Venesië en Oostenryk. Lené sê dis baie lekker en 'n groot voorreg om in die Tygerberg Kinderkoor te wees. "Jy moet baie hard oefen, maar op die ou end is alles die moeite werd!"

    Emma voeg by: "Die grootste rede hoekom ek uitsien na die toer, is omdat ek en al die kinders baie hard gewerk het om ons beste te gee. Nou kan ons vir die wêreld wys hoe hard ons gewerk het en ons kan mense se asems wegslaan, maak nie saak waar hulle bly nie!" Belinda sien uit na die uitslag van die koorkompetisie en die besienswaardighede wat hulle gaan besoek.

    Pro Cantu tree onder meer ook in Engeland op, voor hulle na Italië en Oostenryk vertrek vir uitvoerings. Die koor het al verskeie goue medaljes op hul kerfstok en is in Januarie vanjaar uitgenooi om in Carnegie-saal in New York op te tree. Kyle sing sedert Januarie vanjaar in die koor, terwyl Annemien in 2006 by die koor aangesluit het.

    Kyle sê hy het oorweeg om sy bande met musiek te sny verlede jaar, maar toe word hy vir die koor gekies en dit bied hom alles waarna hy in musiek soek. "Dis meer as net koorsing, dis performing en ek geniet my gate uit!" vertel hy. Hy is weer so mal oor musiek, hy gaan aanstaande jaar by Stellenbosch daarin studeer. Annemien sê sy is mal oor die koor, want dit voel soos een groot familie. "Ek het ook geleer dat jy vir 'n doel moet werk en dat harde werk vrugte afwerp. Die koor is baie professioneel en die ander koorlede is meer as vriende, hulle voel soos broers en susters." Kyle en Annemien sê om deel te wees van die koor, verg harde werk en lang ure en twee maal per week, as hul vriende kan uitgaan, oefen hulle koor by Hoërskool DF Malan in Bellville.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.