Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    03/07/2008 12:28 PM - (SA)
    Springbokkie hou ons naam hoog
    04-07-2008


    CLAUDIA DAVIDS (20), van Macassar het verlede naweek vir die Suid-Afrikaanse o/20 rugbyspan in Nelspruit in twee toetse teen Amerika uitgedraf.

    Claudia is die jongste van Denzel en Jolene Davids se dogters en haar pa was ook 'n kranige rugbyspeler op sy dae.

    Hy het vir die rugbyklub All Saints van Somerset-Wes gespeel en het ook die Somerset Rugbyraad in die destydse SA Bekerkompetisie van SARU verteenwoordig. Tans is hy die afrigter van All Saints.

    Claudia sê haar liefde vir rugby het op 'n baie jong ouderdom begin, toe sy elke Sater- dag saam met haar pa rugbyveld toe is.

    Sy het by die Hoërskool Zandvliet die bestuurder van een van die spanne geword en in matriek het sy vir die meisiespan uitgedraf.

    Later het sy by die span van UWK aangesluit en is ook in die WP-span opgeneem.

    "Die afgelope naweek was vir my 'n belewens en dit sal ek vir altyd onthou, omdat ek my land kon verteenwoordig," sê sy.

    Claudia het ook president Thabo Mbeki, wat hulle voor die wedstryd toegespreek het, ontmoet.

    Dit was vir die span 'n groot inspirasie. Sy speel die naweek op Loftus, waar die WP en die Blou Bulle se vrouens mekaar die stryd sal aansê in 'n liga kompetisie wedstryd.

    Haar droom is dat die Helderberg sy eie vrouespan moet vestig en om rugby af te rig, veral om die jong spelers se vaardighede te ontwikkel.

    Mnr. Davids sê hy is trots op sy dogter omdat sy vir hom vreugde bring deur rugby te speel.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.