Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    03/07/2008 12:07 PM - (SA)
    St. Georges wen derby
    04/07/08


    "WIE HET VIR Macassar gesê om in St. Georges se pad te lê, stamp hul boude lam, stamp hul boude lam".

    Diè liedjie het Saterdagnamiddag weergalm om die veld by Somchem waar Saints vir Macassar voor 'n reuse skare die tweede keer laat les opsê het, met 'n 26-16 oorwinning.

    Ondanks die vroeë voorsprong van Macassar, toe hulle in die tiende minuut 3-0 voor was as gevolg van 'n strafskop en 8-0 in die 15de minuut as gevolg van 'n onderskep drie, kon hulle nie die wedstryd seël nie.

    Dit ook nadat Saints op 'n stadium nie hul beste rugby opgelewer het nie.

    Die agterlyn van Saints daarenteen het inisiatief aan die dag gelê en aanvalle aan die gang gesit wat Macassar lelik laat bontstaan het.

    Hier was Godwin Saayman die planmaker en Oswill Julies het hom goed aangevul.

    Oswill se verdediging was ook goud werd. Vanaf 'n volle agterlyn beweging het Lloyd Samuels 'n steekskoppie vorentoe gelos en die heelagter van Macassar in besit betrap vyf meter vanaf die doellyn.

    'n Strafskop is aan Saints toegestaan toe die bal vasgehou is en Pinky Williams het oorgebars vir 'n drie - telling 8-5 in Macassar se guns.

    Pinky het weer eens 'n bars?hou gespeel en waarde volle stormlope aan die gang gesit.

    Macassar het kort voor rustyd met 'n strafskop geslaag en die telling het met 11-5 in hul guns aangeskuif.

    Elton Hess was hierna byna deur en het half om sy opponent gekom, toe hy gevaarlik hoog gevat is.

    'n Strafskop is aan Saints vir hierdie oortreding toegestaan en Godwin Saayman was suksesvol met die strafskop - wat die telling 11-8 gemaak het.

    Rustyd het op hierdie telling aangebreek.

    Die geluk was effens aan Macassar se kant na die afskop van die tweede helfte.

    Macassar het die bal tot agter Saints se doellyn geskop en dit toegeval vir 'n drie - telling 16-8.

    Dit het Saints laat wakker skrik en skielik het hulle hul spelpeil gelig.

    Sonny de Lange was weer prominent en het vanuit 'n losgemaal weggebreek om 'n sierlike drie te gaan druk - telling 16-13.

    Saints het toe die krane begin oopdraai en Elton Hess het agter die doellyn gaan kuier na verskeie bewegings wat eers middeveld op is en toe skielik na links geskuif was.

    Godwin Saayman het verdoel en die telling was vir die eerste keer van die wedstryd in Saints se guns - 20-16. Daar het skielik 'n gedreun van "bonus! bonus!" vanuit Saints se groot toe?skouer geledere gekom toe daar besef is dat die bonus drie in sig is.

    Dit was kookwater rugby wat Saints toe opdis en Macassar was duidelik uit op hul voete.

    Hul verdediging kon nie die pas volhou nie en daar was in hul 22 meter geboer.

    Soos die spreekwoordelike damwal het die verdediging gebreek en die alomteenwoordigende Sonny de Lange het soos 'n vlakhaas doellyn toe genael, om onder oorverdowende gejuig die bonus drie vir Saints te gaan druk.

    Godwin het nie sy skopskoene saamgebring nie en die telling het op 25-16 in Saints se guns te staan gekom.

    St. Georges is nou voor op die punteleer en behoort sonder moeite deur te gaan na die Premier Liga A Kompetisie. Saterdag speel hulle die span wat tweede is op die punteleer naamliks Rangers, tuis en dit behoort vuurwerke op lewer.

    Klubrugby bepalings
    Klubrugby bepalings vir plaaslike spanne hierdie naweek is as volg:

    Vrydag: Super Liga A: Helderberg vs SK Walmers by Charles Morkel, Premier B: St. Georges vs Rangers op Gustrouw, Divisie 1: Raithby Universals vs Strand by Raithby.

    Saterdag: Super Liga A: Helderberg u/20 A vs SK Walmers by Morkel Stadium, Super Liga B: Strand United vs Primrose by Abattoir Park, Premier Liga B: Macassar vs Lagunya by Nyanga Stadium.

    Divisie 2: Sir Lowrians vs Caledonian Roses op Newfields, Whistling Wheels vs Manenberg Rangers by Kleinvlei, Strand Pioneers vs Richmond Rovers by Avonwood and Divisie 4: All saints vs Retreat by Allenby.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.