Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
CarletonvilleHerald  

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

08/05/2008 11:09 AM - (SA)
Dra nalatigheid die skuld
Bekommerde mynman skryf:


Eerstens my innige simpatie met die families en vriende van ons kollegas wat so tragies by die South Deep myn gesterf het. Hoe is dit moontlik dat sulke tragedies in vandag se lewe, met al die moderne wetenskap en tegnologie tot ons beskikking, nog kan plaasvind? Gebruik ons regtig alles tot ons beskikking ten volle om ons by te staan? Hoeveel van vandag se mynongelukke word nie veroorsaak deur ons eie nalatigheid as werknemers nie? Druk ons nie ook te veel vir produksie wat goeie bonusse oplewer en te min vir veiligheid nie? Baie vrae wat opregte antwoorde soek. Hoeveel van ons wat almal tot die kroon van God se skepping geskape is, vat nie elke kortpad in die boek om die werk so gou as moontlik afgehandel te kry nie? Inderdaad, ons is net menslik en om foute maak is mos maar deel van ons alledaagse lewe. Solank ek net nie uitgevang word nie. Ons stop nie vandag by stoptekens nie en ry oor rooi verkeersligte, want almal doen dit mos. Hoekom moet ek stop as die taxi nie stop nie. Sowat sestig persent van alle mense wat by myne werk, gaan daagliks ondergrond en elkeen van ons se lewe hang aan die spreekwoordelike draadjie, (hierdie kabel is mos van ’n hengse klomp draadjies aanmekaar gevleg) vir ’n hele paar minute. Die toue is veronderstel om ongeveer tien keer meer te kan dra as waarvoor dit aangewend is. Dit alleen skep ’n valse indruk by baie van ons. Wanneer ons die daaglikse inspeksies wat deur die regulasies vereis word, uitvoer, hoe goed doen ons dit of is dit ook maar weereens net nog ’n las wat ek agter die rug moet kry? Hoeveel van julle wat hierdie inspeksies uitvoer, ry daagliks in die hysbak? Bestuur, die unies/assosiasies en die inspektoraat moet nouer saamwerk om sulke tragedies te voorkom eerder as om blou moord na die tyd te skree. Indien ons almal om dieselfde tafel aansit en hande vat, instede om mekaar die hele tyd in die hare te vlieg, kan baie tragedies voorkom word. Ons skree altyd ná die tyd dat dinge voor die tyd nie reg was nie en wil net links en regs vervolg, maar waar is die bewyse en waar is die persone wat nou skree dat hulle voor die tyd van ongerymdhede bewus was. Jy wat nie bereid was om voor die tyd te praat nie, moet nou van moord aangekla word, omdat jy dit nie onder die aandag van die regte persoon of instansies gebring het nie. Hier verwys ek nie net na bogenoemde voorval nie, maar na baie ander gevalle ook. Ons lewens is in die hande van mense wat God wil speel en kortpaaie vat. Ons behoort almal aan unies, maar hoor slegs van die unies ná ’n tragedie, maar voor die tyd sien jy nie eers jou verteenwoordiger op die skag nie. Hoeveel kere het ons sogenaamde verteenwoordigers welwillendheidsbesoeke ondergronds kom aflê om hulle self te vergewis van die werklike omstandighede. So, meneer die verteenwoordiger, kry jou alie van jou stoel af en kom kyk na die werklikhede. Ons betaal immers jou salaris. Die bevoegheid van sekere van ons verteenwoordigers kan ook bevraagteken word, so ook die bevoegheid van ons as toesighouers en ook die van die inspektoraat. Weet ons huidige inspekteurs werklik waaroor dit gaan of is dit maar net nog ’n geval van ons benodig mense en plaas mense in posisies waarvan hulle nie werklik ’n idee het wat om te doen nie?




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.