Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
CarletonvilleHerald  

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

08/05/2008 11:09 AM - (SA)
Die Heilige Gees bring vernuwing
Ds. André Kok, NG-leraar


Die vernuwende werking van die Heilige Gees gee inhoud en betekenis aan ’n mens se godsdiens. In die tydperk na die uitstorting van die Heilige Gees het die vroeë christelike gemeente ’n unieke lewenspatroon ontwikkel. Die gelowiges het nog steeds getrou die tempel besoek, maar hulle het nie teruggekeer na die leë vormgebonde Joodse godsdiens nie. Hulle het nuwe wyn in ’n nuwe leersak gegiet (Matt 9:17). Lukas beskryf hulle nuwe lewenspatroon kortliks deur te sê dat hulle hulle heelhartig toegelê het op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede (Hand 2:42). Die leer van die apostels gaan oor die persoon en werk van Jesus Christus. Hulle het Hom liefgehad en Hy het in die middelpunt van hulle lewe kom staan. Hulle was in liefde onderling verbonde en het mekaar bygestaan. Die Heilige Gees het hulle bande met aardse goed deurbreek, sodat hulle vry geword het om hulle besittings met mekaar te deel. Die vermoëndes het voldoende kos saamgebring na die gemeenskaplike maaltye, sodat die armes ook genoeg kon eet. Hulle het as vriende saamgeëet en in die nagmaal wat daarop gevolg het, saam die dood van die Here herdenk. Wanneer hulle bymekaar gekom het, het hulle voortgegaan om te volhard in die gebede. Daardeur was hulle aan God verbind en hulle het Hom deurentyd geprys (Hand 2:47). Die Here het hulle ryklik geseën deur getrou aan sy beloftes (Mark 16:17,18) wonders en tekens te laat gebeur. Daarom het gelowiges in heilige ontsag vir die almag en heerlikheid van God geleef. Die vernuwing wat die Heilige Gees gebring het, het ’n besondere leefwyse gekweek en dit het bewondering by die volk afgedwing (Hand 2:47). Ons leef weliswaar in ander omstandighede, maar ons kan steeds ons liefde vir die Here uitleef deur vir mekaar om te gee en ’n medemens in nood te help. Dan word die kerk die kanaal van Gods genade! Gebed: Hemelse Vader, gee dat ek nie net aan my eie belange sal dink nie, maar ook aan dié van my medemens. Gee dat my lewenswandel daarvan sal getuig dat die opgestane Here die ereplek in my lewe ingeneem het!




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.