Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

29/05/2008 03:14 PM - (SA)
Sonskynkind sterf na ongeluk
Cerise du Plooy


De Wet Prinsloo is Sondag, 18 Mei, op die jonge ouderdom van agtien, weens ernstige beserings, in die teater van die Peglarae-hospitaal in Rustenburg oorlede. Verskeie spesialiste het baklei vir sy lewe, maar omstreeks 12:30 het dié sonskyn- kind, soos wat sy familie na hom verwys, gesterf. Hy was in ’n ongeluk op die N4-snelweg na Pretoria, op pad CUM Boeke toe in die Waterfall-winkelsentrum waar hy oor naweke gewerk het, betrokke. De Wet is in Carletonville gebore en was in Laerskool Danie Theron en Hoërskool Carletonville. Hy het van kleinsaf sy stempel op die atletiek-, rugby-, krieket- en hokkievelde afgedruk. Hy het ook op die kultuurgebied goed presteer. De Wet was op sy gelukkigste op die renbaan. Hy was mal oor spoed en op die ouderdom van sestien, was hy die jongste renjaer wat op Tarlton met sy bakkie gejaag het. “Hy was ’n liefdevolle, lewenslustige kind wat lief was vir poetse bak en kon almal laat lag met al sy grappies. Meeste sal hom só onthou,” vertel sy familie. Die Prinsloo-gesin het verlede jaar na Rustenburg verhuis en De Wet sou hierdie jaar in Hoërskool Rustenburg gematrikuleer het. Hy wou volgende jaar sy studies in wild-en natuurbewaring verder geneem het. “Sy liefde vir diere was ongelooflik,” het sy ouer suster, Lizé gesê. Hy was betrokke by die Deo Gloria-kerk se jeug-“band” en ook deel van die TRUTH- -jeuggroep. “Jou spiderman-kamer is leeg en die huis is stil sonder jou “windgatlaggie”. Ons het jou lief en mis jou reeds baie. “Ons weet jy is by jou Jesus wat jy die afgelope jaar so goed geken het en dat dit is waar jy nou wil wees. “Net dít maak die seer reeds bietjie minder en bring vir ons berusting. Rus in vrede De Wetjie, ons sien jou eendag weer,” is die boodskap van die harsteer Prinsloo- gesin aan De Wet. Hy word deur sy ouers, Joggie en Linda, sy ouer suster, Lizé, en jonger broer, Devan, sy meisie, Zanele Smit en beste vriend, Vaughn Slater, en die wat hom nooit sal vergeet nie, oorleef.




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.