Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

29/05/2008 03:14 PM - (SA)
Honde vergiftig
Magda Martins


Die Maartens-gesin se een skaaphond is dood, maar hulle kon gelukkig die ander teef red. Prinses se ses babatjies is net twee weke oud. “Ons het op en af gery op soek na ’n veearts wat ons kon help, maar het niemand in Fochville, Potchefstroom of Westonaria in die hande gekry nie,” vertel me. Annelise Maartens. Die hond het opgegooi en haar agterlyf het vreeslik gebewe. “Ons wil graag die boere in die omgewing waarsku. Hulle moet teenmiddels byderhand hou om hulle diere te red.” Mnr. Willie Davel, ’n boer in die omgewing, het vir Prinses gered. Die Lourens-gesin wat oorkant die Maartense woon, het drie honde verloor en die rowers het onder andere ’n motorfiets en ’n kompressor gesteel. Fochville-polisie ondersoek ’n saak van huisbraak. Hulle waarsku die mense in die omgewing om op die uitkyk te wees vir enige verdagte persone. “Ons het reeds vir drie aande nie ’n oog toegemaak nie,” sê Maartens. Volgens dr. Douw van der Nest, veearts in Fochville, het hy Saterdag in Fochville en Potchefstroom gewerk. Hy en sy vennoot, dr. Victoria Loukianova, maak beurte om naweke te werk. Hulle werk in Fochville en Potchefstroom. “Indien mense na die kantoor skakel en die ontvangsdame is nie daar nie, sal die antwoordmasjien ons selfoonnommers gee,”sê hy. Die ontvangsdame is Saterdae van 08:00 tot 12:00 by die kantoor. Maartens sê toe hulle dié kantoor Saterdagmiddag om 16:00 geskakel het, het die ontvangsdame gesê sy mag nie die veearts se nommer gee nie. Van der Nest was op daardie stadium in Potchefstroom. Sy het glo vir Maartens gesê om daarheen te gaan.




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.