Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
CarletonvilleHerald  

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

16/05/2008 09:39 AM - (SA)
Carletonville-gemeenskap bring verligting
Cerise du Plooy


Só vertel me. Val Jansen van Vuuren nadat sy, me. Marie en mnr. Ben Claassen, na Krugersdorp toe is om mense wat in tente woon, te besoek. By die Coronation-dam in Krugersdorp, bly daar sowat negentig gesinne en ongeveer sestig kinders in ’n woonwapark. Hulle woon in tente en klein houthuisies. Die meerderheid van hierdie mense is werkloos en verdien geen inkomste. “Maar tog was die atmosfeer gesellig en is ons met ope arms ontvang,” vertel Val en Marie. Marie het van dié verskriklike armoede en slegte omstandighede op die radio te hore gekom en toe vir Val genader om haar te help om plan te sien om verligting na hierdie mense te bring. Die twee het, met ’n paar ekstra rand wat geskenk is aan hulle, 27 brode gekoop. Daar is verder nog tien komberse, ’n nuwe stootkarretjie, klere en kos geskenk deur die Carletonville-gemeenskap. “Ons wil aan die inwoners van Carletonville, Fochville en die omgewing baie, baie dankie sê vir die wonderlike ondersteuning wat ontvang is,” sê hulle met dankbaarheid. “Ons mense het baie groot harte.” Marie het ook met die hand ’n paar katoenrokkies vir die dogtertjies gemaak. “Die dankbaarheid op die gesigte en die drukkies wat uitgedeel is, het ons sommer lekker laat voel en die trane ook maar laat vloei.” “Ons sou nooit kon gaan sonder die hulp van Marie en haar man, Ben, nie,” sê Val. Daar is steeds ’n groot nood vir tente, beddens, yskaste, wasmasjiene, ketels, klere, beddegoed, kruideniersware en breekware. “Die kinders sal ’n speeldingetjie ook waardeer.” Enige skenking kan by Antonica Fotos in Gold-straat afgelewer word.




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.