Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
CarletonvilleHerald  

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

16/05/2008 09:39 AM - (SA)
Taakspan takel nou slykdam
Esmé Scholtz


Tydens ’n onlangse vergadering in Fochville se burgersentrum, besluit dat ’n komitee of taakspan op die been gebring moet word om die kommunikasie te handhaaf en die tussenganger tussen al die verskillende rolspelers te wees. “Ons weet nog nie presies wat aangaan nie. Ek is by hierdie vergadering omdat een van my vriende my vertel het. Maar daar moet beter kommunikasie wees en dit sal beter geskied as daar net enkeles is wat terugvoer doen oor wat op die oomblik aan die gang is met Harmony en die dam wat hulle hier wil gooi,” was een boer se mening. Sy siening is deur menigte van die inwoners en boere beaam. “Dit sal ook verseker dat daar beter kommunikasie sal wees met die inwoners van die kleiner gemeenskappe om ons. Hulle het ook ’n reg om te weet wat in hulle omgewing kan gebeur as ons nie as een man saam staan om hierdie slykdam te beveg nie. Dit kan nie ’n politieke besigheid word nie. Dit is ’n gemeenskapsprobleem, nie net een party s’n nie.” Die vergadering is begin deur mnr. Piet Schoeman, ’n geoloog wat jarelange ondervinding in die mynboubedryf het. Hy het aan die boere en gemeenskapslede verder verduidelik hoe groot die impak is wat die dam op die gemeenskap, landbou en bedryf sal hê. Hy het gesê dit is ’n prysenswaardige projek deur die myn om die slykdamme te wil reginereer, maar wat hulle daarmee wil doen, is nie aanvaarbaar nie. Hy sê die feit dat die gemors deur die myn oor die N12 gepomp gaan word, is ’n probleem. “Die afvalmateriaal wat hulle deur die pype wil pomp, is soos om skuurpapier oor die pype te skuur. Dit gaan dit weg-errodeer en skuur en sulke pompe en pype lek altyd. Dit is ’n feit.” Schoeman het weereens die projek in perspektief gestel toe hy gesê het dat die grote van die slykdam dieselfde is as 1 600 rugbyvelde. Indien die area nie behandel word sodat dit die slykdam kan hanteer nie, sê Schoeman sal dit soos ’n korslose melktert wees wat sal oorspoel sodra dit te veel reën. Wanneer dit nie reën nie, sal die droë stof die omgewing bedek. “As daar ’n swaar reënbui val, sal dit slegs 20 minute neem vir die dam om te oorspoel en vir die gemors om binne in die Vaalrivier te beland.” Me. Mariette Liefferink, voorsitter van die federasie vir ’n volhoubare omgewing (FSO), het aan die boere terugvoer gelewer oor waar onderhandelings staan tussen Harmony en Mintails, waar die meerderheid voel die slykdam gegooi behoort te word. Daar is reeds ’n slykdam op hierdie grond en die eenmalige gevoel is dat die twee instansies moet saam- werk om gemors op een plek te hou. Liefferink het gesê die twee groepe is in gesprek en die moontlikheid vir dit om te gebeur is nog op die tafel. “Harmony en ander myngroepe kan nie gemeenskappe en boerderye aan die gevaar van besoedeling blootstel, sonder om iets terug te ploeg in die gemeenskap nie. Myngroepe moet begin verantwoordelikheid neem vir wat hulle aan die omgewing doen. As hulle dit nie doen nie, en as ons nie daarop aandring nie, sal die verantwoordelikheid vir die omgewing en die onderhoud van hierdie slykdam heeltemal op die gemeenskap se skouers tot rus kom,” het sy gesê. Liefferink het ook saamgestem met die idee dat daar ’n komitee en tussenganger gestig moet word om die wiel aan die rol te hou en om aan die gemeenskap te kan terugvoer gee. Die taakspan sal binnekort gekies en gestig en bekend gemaak word.




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.