Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
CarletonvilleHerald  

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

16/05/2008 09:39 AM - (SA)
Diens het beslis afgeneem
"Spyt kom te laat" skryf:


Die skrywer van die spesifieke brief is een honderd persent korrek in al sy besprekingspunte. Ons as mense is altyd te haastig om dinge klaar en agter die rug te kry sodat ons ’n bietjie kan rus. Ons dink nie altyd aan die nagevolge van dit wat ons aanvang nie. Hoeveel keer het ons nie al gehoor, spyt kom te laat nie. Ek was self ’n man wat al hierdie ’dailies’ moet uitvoer. Vandag is ek egter afgetree en dank die Vader dat geen ongelukke plaasgevind het terwyl ek die hystoerusting moes ondersoek nie. Ons het ook baie kortpaaie gevat en is nooit uitgevang nie. As ek net aan die nagevolge van so ’n ongeluk soos die een by South Deep dink, kry ek vandag koue rillings oor en oor. Ja, vandag is ek ook spyt oor dit wat ek toegelaat het om te gebeur, maar soos die spreekwoord sê, spyt kom altyd te laat. Gelukkig hoef ek nie meer ondergrond te gaan nie. Wat die skrywer aangaande ons unieverteenwoordigers sê, kan nie nader aan die waarheid wees nie. Jare gelede was die unies net toeganklik vir sekere soorte werke. Die myner het aan die mynwerkersunie behoort, die amptenare aan hulle unie en die ambagsmanne weer aan ’n ander unie. Toe het jy die verteenwoordigers by die naam geken en was jy altyd op hoogte van wat in uniegeledere aangaan. Voor ek afgetree het, het ek bittermin, indien enige unie verteenwoordiger op die myn gesien. Ek het ook nie veel hulp van hulle gekry met die reëlings aangaande my aftrede nie. Ja, verseker, die gehalte van diens het beslis drasties afgeneem.




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.