Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
CarletonvilleHerald  

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

16/05/2008 09:39 AM - (SA)
Volpunte vir Wes Wits-spanne
Cerise du Plooy


Kobus Jonker se tweede span het teen Lichtenburg se tweedes gewen. Dié span het tot dus ver vol punte in die liga en het ook nog in elke wedstryd sover ’n bonus punt gekry. Hulle is ook tans bo-aan en gelyk met Vaal Reefs op die punteleer. Tinus Coetzee se eerstespan is ook bo-aan die punteleer en het nog glad nie, sover ’n wedstryd verloor nie. Hulle het ook ’n wedstryd in hand oor die ander spanne en het Lichtenburg 26-6 geklop die naweek. “Dit was een van die makliker wedstryde in ons liga en die ware toets begin dié naweek teen ons ou vyande, Vaal Reefs,” het Coetzee gesê. Coetzee en Jonker is albei baie opgewonde oor die komende naweek se wedstryde. “Hier die jaar gaan ons die bordjies verdraai en vir ons gemeenskap wys dat Carletonville steeds ’n sterk span op die veld kan jaag. Ons glo dat ons klub nou die sterkste is wat dit nog ooit was. Ons het huiswerk gedoen en gaan in hierdie wedstryde in met ’n goeie wedstrydplan.” Wes Wits se derde en o.21-spanne is ook steeds bo-aan die punteleer hoewel hulle nog sover min wedstryde gespeel het omdat ander klubs hulle nie altyd kan akkommodeer nie. Wes Wits speel Saterdag, 17 Mei, teen Vaal Reefs- rugbyklub op Wes Wits se tuisvelde. Die wedstryde begin om 13:00 en die eerste- span skop 16:15 af. “Ons vra die Carletonville en Fochville-gemeenskap om ons te kom ondersteun en ’n familiedag hiervan te maak. Daar is heerlike kos en verversings beskikbaar en ’n kontant-kroeg vir die ouer garde. Ons sal ook al die Super14-wedstryde op ons grootskerm wys. Ná afloop van die dag sal daar ’n onthaal wees en almal is meer as welkom om die res van die aand saam ons te geniet,” het die organiseerders gesê. Daar is tans drie oop spanne by Wes Wits en oefening elke Dinsdag en Donderdag by die klub langs die Mashie-gholfbaan op Western Deep Levels-myn. Oefening begin om 18:00 en enige persoon is welkom om by die klub aan te sluit vir oefening. Daar is geen kostes by aansluiting verbonde nie. Vir enige verdere inligting skakel Tinus Coetzee by 082-769-7306.




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.