Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
CarletonvilleHerald  

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

29/05/2008 03:14 PM - (SA)
Flintstones vang nie primitief nie
Esmé Scholtz


Dié klub bestaan tans uit negentien lede waarvan drie junior seuns, twee junior dogters, drie senior vroue en verder senior mans is. “Ons is ’n sosiale hengelklub wat ook volgens reëls kompeteer. Ons is klaar deur ’n hengelklub van Potchefstroom genader vir ’n kompetisie in Oktober, waar medaljes, trofeë en pryse op die spel gaan wees,” sê Aletta du Preez, ’n lid van die hengelklub. Hierdie klub hou elke maand ’n naweek lank kompetisie en kompeteer teen mekaar vir die swaarste vis en die meeste punte. Gedurende April het hulle hul lyne in die Donaldson-dam laat sak. Nico Kahts wat in die senior-afdeling deelneem, het vyf baarse gevang en sodoende 77 punte ingekatrol. Die grootste van sy vangs was 240 g. Stephanus du Preez, ook in die senior-afdeling het twee gevang en 25 punte aangeteken. Sy baars van 280 g was die grootste in die senior-afdeling. In die junior-afdeling het André Marx junior drie baarse gevang wat hom 45 punte in die sak gebring het. Hy het ook die grootste baars in die junior-afdeling gevang van 660 g. Hy het verlede jaar met die junior baars trofee weggestap. Louis Kahts het ’n bas van 160 g gevang en so vir homself twaalf punte op die telbord gesit. Aletta du Preez het die eerste karp van die kompetisie uitgetrek wat die skaal op 8,52 kg te staan laat kom het. Désiré du Preez wat in die junior-afdeling vang, het ’n karp van 6,38 kg ingekatrol en met die groot vangs 92 punte ingepalm. Sy het verlede jaar met die trofee vir die swaarste karp weggestap, vir ’n vangs wat 11,26 kg geweeg het. Teen die einde van Mei, durf die Flintstones die Vaalrivier aan en hoop om daar ook ’n paar groot visse uit te trek.




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.