Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
CarletonvilleHerald  

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

16/05/2008 09:39 AM - (SA)
Voorbrande moet in plek wees


Só voorspel die Gatsrant-brandbeskermingsvereniging voorspel. Gatsrant-BBV het reeds tydens hul jaarvergadering in Maart ’n sperdatum ingestel vir voorbrande wat in plek moet wees. Die sperdatum vir 15 Mei was ook geen kort kennisgewing vir grondeienaars en huurders nie, siende dat dit reeds in Februarie en April in die Herald gepubliseer was. Grondeienaars wat aansoek wil doen om verlenging of uitstel van die datum moet skriftelik aansoek doen by die voorsitter, mnr. Tom Visser, of die brandbeskermingsbeampte, mnr. André Marx. Dié aansoek sal op die volgende bestuursvergadering goedgekeur of afgekeur word. Daar moet ook gelet word dat die sperdatum nie net lede van die BBV raak nie, maar al die grondeienaars en huurders in die Carletonville-omgewing. Volgens die nasionale veld- en bosbrandwet waarvolgens boetes nou uitgereik word, word duidelik gestipuleer dat “elke eienaar op wie se grond ’n veldbrand kan ontstaan of brand of van wie se grond dit kan versprei, moet ’n brandstrook maak en in stand hou aan sy of haar kant van die grens tussen sy of haar grond en enige aangrensende grond”. “Grondeienaars moet ook kennis neem dat die brandbeskermingsverenigings juis gestig en geregistreer is om te verseker dat wetgewing in hulle areas toegepas word en om te verseker dat eienaars aan al die wetsvereistes voldoen,” sê Visser. “Dit berus op grondeienaars om hulle eie voorbrande te maak, en dit is nie die plig van die brandbeskermingsvereniging of die brandweer om voorbrande op eiendomme te maak nie.” Enige persoon wat beoog om voorbrande te maak, het sekere vereistes om aan te voldoen voordat ’n voorbrand gemaak mag word: 1. Toestemming moet verkry word vanaf die BBV-bestuur en brandbeskermingsbeampte; 2. Aangrensende eienaars moet in kennis gestel word van intensie om voorbrande te maak; 3. Aangrensende eienaars moet saam besluit oor ’n gepaste datum vir voorbrande maak; 4. Geen voorbrande mag gemaak word wanneer ’n brandbeskermingsvereniging dit afkeur of wanneer die brandgevaarlesing wat daagliks deur die BBV deurgestuur word, dit verbied op ’n oranje, rooi of geel dag nie. “Ons moet verseker dat brande in ons omgewing verminder deur strenger wetgewing toe te pas. Hierdie brandseisoen behoort strenger wetgewing te verseker dat mense brande ernstiger opneem. “Miljoene rande se skade word elke jaar deur brande veroorsaak. Eiendomme, lewende hawe, toerusting en weiding loop geweldig deur,” sê Visser. Die Gatsrant-brandbeskermingsvereniging is besig met die proses om kennisgewing- borde by Carletonville se ingange op te rig wat brande in die gebied verbied. “Ons het reeds kwotasies en voorbeelde van die borde bekom maar het tans nie genoeg fondse om dit te finansier nie. “Daar word beoog om elf van hierdie borde op te rig in hoë risiko areas wat almal sal bewus maak dat geen vure toegelaat word nie, en dat oortreders beboet sal word. Ons maak ook ’n beroep op maatskappye of instansies om ons indien moontlik, te borg om die borde te kan oprig. Dit sal tot voordeel van al die inwoners van Carletonville wees.”




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.