|
|
|
22/09/2006 04:01 PM - (SA)
Sonde met die bure se honde
Magda Martins
 |
|
 |
Só sê ?n ontstelde eienaar van tien honde.
?n Inwoner in haar buurt het me. Catharina Fraser by die verkeersdepartement gaan aangee omdat haar honde hom glo pla.
?Nou het ek sestig dae kans om van my ?kinders? ontslae te raak. Hoe kan jy van ?kinders? wat jy al onderskeidelik ses en vier jaar het, van ontslae raak?? vra Fraser.
?Hy bestook my honde voordurend met groot klippe en het selfs al een só hard gegooi dat haar poot af was,? vertel sy. ?Wat my die ergste ontstel het, was toe hy my Alsatian met kokende motorolie gegooi het. My hond het sleg verbrand.?
Fraser meen haar honde pla niemand nie. ?Vandat ek honde het, het die inbrake in die buurt die afgelope drie of vier jaar verminder. Die bure het dit beaam.?
Volgens mnr. Seabo Gaeganelwe, Merafong-woordvoerder, is dit die verkeersdepartement se verantwoordelikheid om die bywette binne Merafong toe te pas.
Volgens die honde-bywette mag ?n persoon, wat nie as ?n teler geregistreer is of ?n lisensie het nie, nie meer as twee honde aanhou nie.
?As gevolg van ?n tekort aan personeel kan ons nie honde-eienaars voortdurend reguleer nie. Ons reageer slegs op klagtes van die publiek,? sê Gaeganelwe. ?Me. Fraser het ?n waarskuwing van die verkeersdepartement gekry.?
Me. Dirkie Porter van die DBV bevestig dat die bywette nooit weggeval het nie. ?Die publiek moet steeds by die regulasies hou.?
Sy sê tydens inspeksies let die DBV hoofsaaklik daarna op of die diere genoeg kos en water het en nie mishandel word nie. ?Dit is egter die verkeersdepartement se verantwoordelikheid om om te sien dat inwoners net twee honde aanhou.?
 |
Na bo
|
© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou. |
|
 |