Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

29/05/2008 03:13 PM - (SA)
Inwoners staan op teen belasting
Magda Martins


Dié petisieveldtog is Vrydag op die been gebring ná vergaderings waar die publiek oor die nuwe erfbelastingverhogings ingelig is. “Die DA het die inisiatief geneem en twee openbare vergaderings gereël. Die eerste vergadering wat in Fochville plaasgevind het, is deur 45 inwoners bygewoon. Die tweede vergadering in Carletonville is deur 92 inwoners bygewoon,” sê mnr. Herman Groenewald van die DA. “Dit was nie ’n politieke vergadering nie.” Hoewel die munisipaliteit na albei vergaderings genooi is, was daar geen verteenwoordigers nie. Die vergadering in Carletonville het ’n komitee saamgestel uit kundige mense vanuit Fochville en Carletonville om die saak van onbillike hoë tariewe deur die munisipaliteits verder te neem. Mnr. Gert van Rensburg, oudraadslid, is as voorsitter aangewys. “Inwoners is daarop gewys dat die tariewe nie volgens wetgewing is nie. ’n Besluit is geneem dat besware aangeteken moet word wat Vrydag by die munisipaliteit ingehandig is. “Merafong gaan opstaan.” Groenewald sê dit is vir die DA onaanvaarbaar dat die raad tariewe in Merafong met soveel as 700 % verhoog. “Die DA sal sy volle samewerking met die gekose komitee gee om agter die kap van die byl te kom ? waarom dié onnodige hoë tariewe?” Mnr. Lourens Olivier, ’n prokureur, het ’n uiteensetting van die tariewe aan die inwoners verduidelik: “’n R100 000-huis in Johannesburg se erfbelasting sal sowat R33 beloop. In Merafong sal dit tussen R400 en R500 beloop.” ’n Brief is aan die burgemeester, mnr. Des van Rooyen, geskryf waarin die foute van die waardasierol uitgewys is. Tydens die vergadering is gesê dat die gemeenskap nie sal toelaat dat die raad hulle intimideer nie. “Ons gaan aksie neem.” Een van die inwoners het selfs gesê daar sal bande gebrand word indien die raad nie wil luister nie. “Die proses van die waardasie en om besware aan te teken, is afgehandel. Ons wil nou die tariewe aanval,” het mnr. Blackie Zwart van die DA gesê.“ Huishoudings kan tot ’n R1 000 meer betaal. “Ons moet nou tande wys. Die gemeenskap sal hande neem en die munisipaliteit wys ons gaan dit nie net aanvaar nie,” het Groenewald afgesluit. ’n Brief van die burgemeester is ontvang wat ontvangs van die skrywe aan hom, erken. Daarin word gemeld dat aandag aan die besware gegee word. Geen ander kommentaar is van die munisipaliteit ontvang nie.




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.

 

  Vaalweekblad
Potchefstoom
Vaal