Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
CarletonvilleHerald  

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

29/05/2008 03:14 PM - (SA)
Soek net liefde vir 60ste verjaarsdag
Cerise du Plooy


Dít is die woorde van me. Rabecca Tsoagong van Laerskool Fochville wat onlangs haar sestigste verjaardag by die skool gevier het en baie meer as net liefde by die skool ontvang het as geskenk. Rabecca is dié skool se skoonmaker en maak seker dat al die “onnies,” soos wat sy hul noem, altyd lekker warm tee en koffie in die personeelkamer het. Sy sorg al 38 jaar daarvoor. “Almal by hierdie skool is vriendelik en daar is geen probleme tussen ons nie,” sê sy. “En ek voel soos ’n ma vir al die kinders wat hier skoolgaan. Hulle is wel partykeer stout, maar ek is baie lief vir hulle.” In viering van Rabecca se verjaardag is al die kinders na die saal geroep en Rabecca op die verhoog, as eregas laat sit. “Jy verjaar, jy verjaar, veels geluk met jou verjaardag, Rabecca. Geniet jou dag, geniet jou dag, en mag alle voorspoed altyd op jou wag . . .” het almal gesing terwyl hulle handjies in die lug geswaai het. “Dit is ’n klein geskenkie vir jou,” het die hoof, mnr. Ben Habig, gesê terwyl hy ’n kontantprys aan Rabecca gegee het. “As ons moes dankie sê vir alles wat jy al vir ons gedoen het en vir wat jy vir ons beteken, sou hierdie hele saal te klein gewees het.” Daar is spesiaal ’n koek vir Rabecca gebak. Rabecca se boodskap aan die skool: “Hou aan met julle mooi werk ? al is ek eendag nie meer hier nie ? bly net altyd dieselfde.”




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.

 

  Vaalweekblad
Potchefstoom
Vaal