Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
CarletonvilleHerald  

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

29/05/2008 03:14 PM - (SA)
Oud-joernalis se liggaam in rivier gevind
Herman Eloff


Juyn het sowat drie weke gelede, op 3 Mei, vanaf die familieplaas buite Potchefstroom vermis geraak toe hy ’n ent gaan stap het. ’n Grootskaalse soektog na die 78-jarige Juyn is landswyd geloods om hom op te spoor. Die polisie het verskeie leidrade opgevolg maar kon geen positiewe resultate kry nie. Daarom is besluit om weer die familieplaas te fynkam. ’n Soektog verlede Woensdag het weer geen resultate opgelewer nie. Volgens kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het polisieduikers egter Vrydag op Juyn se liggaam in die Vaalrivier afgekom sowat 4km van die plaas. Juyn se seun, Attie, het Dinsdag gesê hy wil graag die publiek bedank vir hulle hulp en ondersteuning. “Veral die polisie het ons beïndruk met hulle knap diens,” het hy gesê. Hy moes sy pa se liggaam Vrydagmiddag uitken. ’n Nadoodse-ondersoek is Dinsdag gedoen maar die resultate daarvan is nog nie bekend nie. Juyn was onder meer ’n oudjoernalis by die Herald en later ’n dosent aan die Puk. ’n Begrafnisdiens vir hom is Donderdagoggend in die Gereformeerde Kerk in Walter Sisulu-rylaan gehou. Hy word deur sy vrou, Rina, seun, vier dogters, 13 kleinkinders en twee agterkleinkinders, oorleef.




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.

 

  Vaalweekblad
Potchefstoom
Vaal