Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
CarletonvilleHerald  

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

08/05/2008 11:09 AM - (SA)
Merkwaardige man vier tagtig
Magda Martins


Oom Dirk het op 2 Mei dié mylpaal gehaal. “Nee kyk, of jy dertig of tagtig is, dit bly maar dieselfde. Ek het my hele lewe positief gelei en geglo ek kan alles doen.” Dié merkwaardige man het op die ouderdom van tien jaar sy sig verloor. Op 57 jaar het hy afgetree. “Ek kon nog gewerk het, maar was lus vir diepseevisvang.” Oom Dirk het nooit stil gesit nie. Hy het die Country-to-country-wedloop (42,2 km) van Zimbabwe na Musina, Foot of Africa (42,2 km) en die Service Run, asook die Two Oceans-marathon voltooi. Sy lewe is vol opwindende avonture en hy straal lewe en geluk uit as hy die herinneringe opdiep. Hy meen die depressiejare en erge droogte in die 1930’s was die swaarste. “Ek onthou ek was agt jaar oud toe sit ek met peerblare in my hand en bid dat die Here dit in geld sal verander, sodat my ouers dit kan gebruik. En die Here het altyd vir ons gesorg.” Hy meen deur sy blindheid het hy baie meer mense bereik as wat hy andersins sou. Oom Dirk sê hy is baie dankbaar teenoor sy vrou, Chirtley, en kinders, Flippie en Karin, wat altyd by hom staan. “Pa het ons van die Here geleer en ons weet wie ons Hemelse Vader is. Hy het ons ook geleer hoe om met geld te werk. Ons ouers het baie goed vir ons gesorg,” sê Flippie. “Deur Pa het ons geleer hoe om met mense te werk, vir hulle lief te wees en gelukkig te wees.” Oom Dirk se raad aan ander vir ’n gelukkige lewe is om altyd die Here op ’n mens se gedagtes te hê. “Jy moet kyk Wie se hand op jou is. En as jy ’n voet verkeerd gesit het, dan sit jy weer die volgende keer die regte een neer.”




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.

 

  Vaalweekblad
Potchefstoom
Vaal