Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

16/05/2008 09:39 AM - (SA)
Die Herald wil help


Hoe groot die omvang daarvan is, is nie altyd duidelik nie. Die polisie het taamlik gereeld projekte waartydens die gevare van dwelms en tekens van verslawing by skole aangebied word. Die polisie maak nie geheim daarvan dat dwelmverslawing oral, ook in Merafong-omgewing, ’n realiteit is wat ouers nie moet onderskat nie. Die probleem is natuurlik dat ouers dit dikwels heel laaste, en dalk te laat, uitvind dat hul eie kind of kinders by so iets betrokke is. Alle ouers sal graag wil glo dat hulle kinders nie by so iets betrokke is nie en kinders sal dit uiteraard so dig moontlik hou. Daar is ook mense wat glo dat ’n oordosis van bewusmaking later soos water van ’n eend se rug af loop. Of dit ’n goeie argument is, kan baie lank oor gepraat word, maar totdat daar ’n alternatief is, kan daar nooit genoeg gewaarsku word nie. Die briefskrywer vra of die Herald nie by ’n bewusmakingsproses betrokke kan raak nie? Ja, die Herald wil en die Herald kan. Van die Herald se kant sal ons met die polisie in gesprek tree en aanbied om inligting van hulle kant op gereelde grondslag te plaas en bied ook aan om van ander bronne gebruik te maak. Mense wat meen dat hulle ’n bydrae kan gee, is welkom om die Herald te skakel.




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.

 

  Vaalweekblad
Potchefstoom
Vaal