|
|
|
08/05/2008 11:09 AM - (SA)
Family held at gunpoint
Magda Martins
Vriende van die egpaar, wat in Selati-straat woon, was Sondag omstreeks 01:00 besig om banke in n voertuig te laai toe vier gewapende rowers die erf binne gegaan het. Die verdagtes het vuurwapens op die slagoffers gerig en hulle aangesê om in die huis te gaan. Daar is hulle vasgebind en beveel om te lê, sê konst. Busi Manyise, Carletonville-polisiewoordvoerder.
Die rowers het die mense se selfone, n rekenaar en Kia-motor gesteel en op die vlug geslaan. Die slagoffers het hulleself bevry en die polisie geskakel.
Die verdagtes is steeds op vrye voet.
Enigeen met meer inligting kan konst. Dennis Zuma van die speurtak by 083-458-9383 of 018-788-1500 skakel.
 |
Na bo
|
© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou. |
|
 |