Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
CarletonvilleHerald  

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

08/05/2008 11:09 AM - (SA)
Boere loop weer deur


Ná bykans ’n jaar het dié diefstal weer boere met hulle hande in die hare. “Ons het twee beeste teruggekry en ’n ander een wat se hakke met ’n panga gekap is,” vertel die boere. Die waarde van die gesteelde vee beloop sowat R190 000. Volgens mnr. John Lightfoot, op wie se plaas twaalf beeste gesteel is, het hy ’n nagwag aangestel, “maar die diewe hou hom dop.” Lightfoot se plaas grens aan AB Bailey-park. “Dit is regtig ’n probleem dat die park geen grensdrade het nie. Enigeen kan daar rondloop en dan op my plaas kom.” Mnre. Stephan Coetzee en Neels Meyer, boere, sê hoewel hulle goeie reaksie van -Khutsong-, Klerkskraal- en Carletonville-polisie gekry het ná die diefstal, sal daar beter voorsorgmaatreëls getref moet word. “Die polisie moet voetpatrollies instel. Dit help nie hulle ry met hulle blou ligte rond nie, dit is nie ’n afskrikmiddel nie. Die diewe kruip net in die bosse weg. Ons voel ook dat die polisie onbekwaam is wanneer dit by die ondersoeke kom.” Hulle sê hulle het reeds alles wat binne hulle vermoë is om hulle diere te beveilig, gedoen. “Maar as die polisie ons nie help nie, sal ons reg in eie hande moet neem. Die diewe is met pangas gewapen. As hulle ’n bees kan doodmaak, sal hulle ’n mens ook doodmaak. ”Ons kan nie ons besighede só bedryf nie. Ons verloor baie geld.“ In die afgelope drie tot vier jaar wat veediefstal in dié omgewing plaasgevind het, is tussen R5 en R6 miljoen se vee gesteel. Sedert die begin van die jaar tot en met die middel van April 2008, is ses voorvalle van veediefstal by die Klerkskraal-polisie aangemeld. Dit het ingesluit tien skape, drie varke en drie beeste. Ses van die skape was later teruggevind, nadat hulle van die trop afgedwaal het, en twee van drie beeste was ook teruggekry. “Veediefstal word steeds as een van die prioriteite in Noordwes beskou, veral in landelike gebiede, en die hantering van sake deur die veediefstaleenheid verantwoordelik vir die betrokke gebied, dien as bewys daarvan,” sê supt. Louis Jacobs, provinsiale polisiewoordvoerder. “Gedurende die periode 1 April 2007 tot 31 Maart 2008, is veertien sake by Klerkskraal-polisie aangemeld. In verband met hierdie sake was tien verdagtes in hegtenis geneem. Sewe van die persone was reeds skuldig bevind en gevonnis tot gevangenisstraf van tussen agtien maande en drie jaar. Die saak teen een van die verdagtes was teruggetrek, en die sake teen die ander twee is steeds hangende.” Jacobs sê gedurende periodes soos geïdentifiseer op grond van die misdaadtendense, word patrollies gery, en observasie word ook gehou. “Dit is egter onmoontlik en onrealisties om van die polisie te verwag dat elke plaas te voet gepatrolleer moet word. Beplanning sluit ook in dat die berede-eenheid vir dienste in die omgewing ontplooi sal word.” Die plaaslike gemeenskap van Klerkskraal word weereens genooi om op ’n georganiseerde wyse met die polisie saam te werk, en selfs ook as reserviste betrokke te raak.




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.

 

  Vaalweekblad
Potchefstoom
Vaal