Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Home Page
Business Index
Weather
News
  • Local
  • Sport
  • Business
  • Campus
  • Municipality
  • Schools
  • Arts Diary
    Events Diary
    Gazette
  • News
  • Our community
  • Our youth
  • Sport
  • Entertainment
  • Motoring
    Entertainment
    Travel & Tourism
    Food & Wine
    Real Estate
    News24
    Letters
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    09/05/2008 10:45 AM - (SA)
    Petrolprys te hoog vir pompe


    DIE stygende petrolprys maak dinge nou ook moeilik by die pompe.

    'n Derde van die land se petrolpompe is nie geprogrammeer om Woensdag se skerp styging te akkommodeer nie.

    Woensdag het die prys van petrol met 55 sent per liter gestyg tot R9,24 ? bykans R3 meer as in Mei 2006.

    Stellenbossers het in rye gewag om hul motors vir oulaas by plaaslike vulstasies vol te maak vóór die prysaanpassings.

    Die probleem by die ongeprogrammeerde petrolpompe kom waar die prys verby R10 per liter styg, soos reeds die geval met diesel is. Laasgenoemde het met 71 sent tot R10,12 per liter gestyg.

    Waar dit die motoriste se beursies brand, gaan dit binnekort nog die koppe ook breek.

    Nou gaan die pryse op die pompe as 'n tiende van die werklike prys aangedui word. Dié pryse moet dan weer met 10 vermenigvuldig word om die korrekte bedrag te bepaal. Kennisgewings is op ouer petrolpompe aangebring om kliënte? bewus te maak dat die prys verwerk moet word.

    'Die probleem is dat die sentrale stelsel, bekend as die PEC-stelsel, wat 'n opsomming van petrolverkope druk, nie korrek is nie,' sê 'n bestuurder van 'n vulstasie in die dorp. Die aantal liters wat verkoop word, word presies weergegee, maar die probleem is by die totale bedrag.

    'Die pompe kan nie meer as drie syfers wys nie,' sê Sithembile Sihlava, toesighouer by 'n vulstasie in Stellenbosch. 'Dit kan nou moeilik raak.'

    Die Departement van Minerale en Energie het vandeesweek die probleem erken en aangedui dat daar nie genoeg tegnici is om die sowat 18 000 ouer pompe spoedig te vervang nie.

    'n Plaaslike vulstasie is deur die Fuel Retailers Association verwittig dat dit tot vier maande kan duur om die sagteware van die petrolpompe op te gradeer.




    Back to top     Back to top

    © 2000 Eikestadnuus/News - all rights reserved - alle regte voorbehou.