DIE US se akademiese kamerkoor, Schola Cantorum, tree op Woens?dag, 21 Mei in die NG Kerk Welgelegen op.
Die koor, onder leiding van Rudolf de Beer, gaan uittreksels uit 'n mis van WA Mozart en Puccini se Requiem sing.
Geskiedenis is gemaak met die stigting van dié koor, die eerste akademiese kamerkoor in die land. Dit dien as 'n projekkoor vir meestersklasse en werkwinkels.
Welgelegen Konserte bied die uitvoering aan in samewerking met die Stellenbosse Musiekvereniging. 'n Deel van die opbrengs gaan aan James?town Sounds, 'n gemeenskapsprojek ten bate van musiekonderrig en -waardering in Jamestown.
'n Nuwe strykkwartet van die US en die orrelis, Marinda Snyman, begelei die kamerkoor.
Die kooruitvoering begin om 20:00. Kaartjies (R40) is beskikbaar by die kerkkantoor, 021 886 5975.