Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Home Page
Business Index
Weather
News
  • Local
  • Sport
  • Business
  • Campus
  • Municipality
  • Schools
  • Arts Diary
    Events Diary
    Gazette
  • News
  • Our community
  • Our youth
  • Sport
  • Entertainment
  • Motoring
    Entertainment
    Travel & Tourism
    Food & Wine
    Real Estate
    News24
    Letters
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    09/05/2008 10:44 AM - (SA)
    Wyn Profiel


    ANDRIES LAKER is geen vreemdeling op Stellenbosch nie. Hy spog met 'n 21 jaar lange werkverbintenis met Stellenbosch en Stellenbosse plaaswerkers en produsente.

    Die afgelope 10 jaar werk hy onder die vaandel van Laker & Le Roux. Hulle het kantore in Stellenbosch en die Paarl, maar hul bedieningsgebied sluit die hele wynbedryf en alle wynstreke in.

    Wat doen jy?

    Ons werk behels alle aspekte van menslike hulpbronbestuur, met die klem op arbeidsverhoudinge, konflikhantering, werwing en keuring.

    Wat geniet jy die meeste?

    Dis 'n dinamiese beroep met vele fasette wat die werk interessant maak. Daar is selde vervelige oomblikke. Konflikhantering en die skep van gesonde arbeidsverhoudinge tussen die werkgewer en werknemer is nogal uitputtend, maar ook uitdagend.

    Hoe vaar Stellenbosch as dit by arbeidspraktyke kom?

    As 'n streek vaar Stellenbosch baie goed. Die feit dat die voormalige Landelike Stigting basies hier begin het en die internasionale blootstelling wat Stellenbosch as 'n wynstreek ontvang het, het Stellenbosch vroegtydig aan gesonde arbeidspraktyke blootgestel. Die werkgewer-/werknemerverhouding op plase in Stellenbosch is baie goed.

    Indien jy een brokkie advies aan werkgewers kan gee, wat sal dit wees?

    Kyk na jou mense! Onderlinge respek bevorder lojaliteit onder werknemers en skep so 'n klimaat van arbeidsvrede.

    En as jy een brokkie advies aan werknemers kan gee, wat sal dit wees?

    Waardeer wat werkgewers vir julle doen! Onder die huidige marktoestande in die bedryf is dit nie altyd moontlik om aan die eise van werknemers te voldoen nie.

    Het jy 'n gunsteling wyn of kultivar?

    Ek is mal oor Sauvignon Blanc en kan nie wag dat nuwe oesjare vrygestel word nie!

    Het jy ?n gunsteling kos-en-wynkombinasie?

    Ek is nie vol fiemies as dit by kos en wyn kom nie ? wit of rooi, solank ek die kos en wyn geniet! - Stellenbosch American Express Wynroetes




    Back to top     Back to top

    © 2000 Eikestadnuus/News - all rights reserved - alle regte voorbehou.