Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Home Page
Business Index
Weather
News
  • Local
  • Sport
  • Business
  • Campus
  • Municipality
  • Schools
  • Arts Diary
    Events Diary
    Gazette
  • News
  • Our community
  • Our youth
  • Sport
  • Entertainment
  • Motoring
    Entertainment
    Travel & Tourism
    Food & Wine
    Real Estate
    News24
    Letters
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    09/05/2008 10:45 AM - (SA)
    Gryp 'n besem!


    STELLENBOSCH het die potensiaal om seker een van die mooiste, skoonste en veiligste dorpe in Suid Afrika te word, maar dan sal die stadsvaders en al sy inwoners daadwerklik skouer aan die wiel moet sit!

    Die mense wat in Stellenbosch en sy omgewing woon, het al op verskillende wyses getoon dat hulle weet hoe belangrik dit is om die historiese karakter van hul dorp te bewaar.

    Dan dink ons nie net aan 'n filantroop soos dr. Anton Rupert nie, maar ook aan bewaringsbewustes wat bereid is om finansieel en andersins by te dra om die historiese geboue te bewaar, of om die landelike karakter van Stellenbosch te behou. Inwoners het hulself al bereid verklaar om die dorp en sy riviere skoner te maak.

    Verskeie vrywillige organisasies, waaronder die Stellenbosch Be?langegroep en die Stellenbosse Belastingbetalersvereniging, bestee baie tyd en energie om te keer dat onsensitiewe ontwikkelings die karakter van veral die historiese kern van Stellenbosch permanent skend.

    Dit bly ons verantwoordelikheid om Stellenbosch se nalatenskap vir die nageslag te bewaar.

    Die Munisipaliteit het al prysenswaardige pogings aangewend om die dorp van rommel skoon te maak.

    Baie meer moet egter gedoen word om die samewerking van die publiek te kry om nie soveel rommel te strooi nie! Die munisipale wetstoepassers kan gerus op georganiseerde grondslag 'n veldtog loods om mense aan te moedig om nie rommel te strooi nie.

    Dit is reeds bewys dat 'n skoon dorp 'n veilige dorp is.

    Wanneer op mindere wetsoortredings gefokus word ? soos rommelstrooiery en die ongemagtigde oorsteek van strate by ander plekke as voetoorgange ? word die publiek bewus gemaak van 'n ordelike samelewing. Só word hulle aangemoedig om binne die munisipale regulasies op te tree.

    ?n Paar jaar gelede het die Munisipaliteit met groot entoesiasme 'n herwinnings projek aangepak. 'n Loodsprojek is eers in Brandwacht, Cloetesville en Idasvallei van stapel gestuur.

    Die inwoners het met ewe veel entoesiasme aan hierdie prysenswaardige poging deelgeneem ten einde besoedeling te bekamp en sodoende die druk op ons oorvol stortingsterrein te verlig.

    Daar is die versekering gegee dat hierdie projek uitgebrei sal word na die hele Stellenbosch, maar van hierdie voorneme het niks gekom nie!

    Hawelose mense met (gesteelde) trollies is weer besig om die strate te versper met die onwettige plundering van die blou herwinningsakke in 'n poging om 'n paar sent te verdien.

    Dit ry die projek in die wiele. Daar is tans vier privaat firmas wat kompeteer om wins te maak uit herwinning.

    Miskien is dit nou die tyd om weer momentum aan die herwinningsprojek te verleen.

    Die publiek van Stellenbosch sal hul heelhartige samewerking gee as dit duidelik word dat die Munisipaliteit ernstig is met hul pogings om Stellenbosch te omskep in 'n skoon, veilige en omgewingsvriendelike dorp.




    Back to top     Back to top

    © 2000 Eikestadnuus/News - all rights reserved - alle regte voorbehou.