VIER die kuns- en wynkultuur van die Boland met 'n opwindende opvoering van die plaaslike Tutu Balletskool in die Stellenbosse stadsaal van 29 ? 31 Mei.
Meer as 90 balletdansers van dié balletskool, asook gaskunstenaars van die Kaapstadse Balletgeselskap, sal aan ?n unieke produksie, Dance D'Vine, deelneem. Dit word onder leiding van Danielle Botha en met regie en choreografie deur Marike Hendriksz op die planke gebring.
Dance D'Vine is deur die wynkultuur van Stellenbosch en die Boland geïnspireer. Altesame 21 wynplase en bekende handelsname het met die balletdansers in 'n vennootskap van kuns- en wynkultuur saamgespan om 'n produksie bestaande uit klassieke ballet in die kabaretstyl te lewer.
Die opvoering vind plaas op Donderdag, 29 Mei om 18:00 (gaste kan hul eie piekniekmandjies neem).
Op Vrydag, 30 Mei en Saterdag, 31 Mei begin die opvoerings om 19:30.
Kaartjies is beskikbaar by die Blue Orange, Dorpstraat en sluit 'n ligte ete en wyn in.
Navrae: kontak Danielle Botha by 083 462 9641.