Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Home Page
Business Index
Weather
News
  • Local
  • Sport
  • Business
  • Campus
  • Municipality
  • Schools
  • Arts Diary
    Events Diary
    Gazette
  • News
  • Our community
  • Our youth
  • Sport
  • Entertainment
  • Motoring
    Entertainment
    Travel & Tourism
    Food & Wine
    Real Estate
    News24
    Letters
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    09/05/2008 10:44 AM - (SA)
    Langnaweek: boewe baljaar


    MISDADIGERS het die afgelope langnaweek baljaar in Stellenbosch, waar minstens 50 voorvalle van misdaad by die polisie aangemeld is.

    Dié skokkende vlaag van diefstal kom kort ná 'n verslag deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) wat daarop dui dat die Wes-Kaap dié provinsie is wat die ergste onder misdaad gebuk gaan.

    Volgens die verslag, getiteld State of the Provinces, is die Wes-Kaap ook die streek met die meeste moorde in die land.

    Maar dit blyk misdaad in die Boland, en veral in Stellenbosch, is van 'n ander aard.

    Van die 50 aangemelde voorvalle oor die langnaweek was daar in die middedorp alleen:

    . 18 voorvalle van diefstal uit motorvoertuie;

    . 12 huisbrake;

    . vyf fietse is gesteel;

    . drie motors is gesteel; en

    . drie selfone geroof.

    In Cloetesville was daar twee huisbrake en vyf gevalle van diefstal uit motorvoertuie. In Kayamandi is net twee selfone gesteel.

    Volgens beskikbare inligting het die polisie in Stellenbosch se middedorp en in Cloetesville gesamentlik sowat nege arrestasies gemaak.

    Daar is egter nie een voorval van ernstige misdaad aangemeld nie.

    'In 'n area soos die Boland is die aard van misdaad definitief anders. Moorde, verkragtings en kapings kom meer voor in gebiede soos Khayelitsha en Mitchells Plain,' sê me. Gail Eddy, mede-opsteller van die verslag.

    'Maar dit is duidelik hierdie misdade is besig om uit te brei en ons het gevind misdadigers begin om al hoe meer bevoorregte woonbuurte, soos dié in die Boland, te teiken.'

    Tydens die naweek se misdaadorgie was dit duidelik dat die boewe items verkies het wat hulle maklik kan dra en weer verkoop, soos skootrekenaars, radio's en digitale kameras.

    Meer as 80% van die voorvalle van diefstal het in die middedorp en in die omgewing van die universiteitskampus plaasgevind.

    Luidens die SAIRR-verslag het die Wes-Kaap die meeste huisbrake in die land, iets wat opmerklik is in Stellenbosch.

    'Rykdom lok die boewe,' sê sy.

    Die Wes-Kaap het terloops ook die land se meeste polisielede in verhouding tot die bevolking, 'maar hulle doen nie so goed soos in ander areas nie, so daar moet iets anders aan die gang wees,' sê Eddy.




    Back to top     Back to top

    © 2000 Eikestadnuus/News - all rights reserved - alle regte voorbehou.