Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Eikestad
Home Page
Business Index
Weather
News
  • Local
  • Sport
  • Business
  • Campus
  • Municipality
  • Schools
  • Arts Diary
    Events Diary
    Gazette
  • News
  • Our community
  • Our youth
  • Sport
  • Entertainment
  • Motoring
    Entertainment
    Travel & Tourism
    Food & Wine
    Real Estate
    News24
    Letters
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    09/05/2008 10:45 AM - (SA)
    Vrou sterf ná brand


    ME. Rosa van Drimmelen (62), wie se huis in Welgevonden op 31 Maart in puin gelê is, het Saterdag gesterf weens multi-orgaanversaking as gevolg van brandwonde.

    Van Drimmelen het brandwonde aan haar gesig, rug en nek opgedoen. Sy moes vyf weke lank mediese sorg ontvang. Aanvanklik was sy vir vyf dae in die Tygerberg-hospitaal waarna sy na die Chris Barnard-hospitaal oorgeplaas is. Sy is nege keer geopereer om wonde te behandel en veloorplantings te doen.

    Van Drimmelen was tydens die brand in haar studeerkamer toe sy rook by haar kamer sien. Sy het probeer om die brand met water te blus, maar die vlamme was te erg. Sy is deur 'n onbekende man uit die huis gered.

    Volgens haar dogter, me. Rose-Hannah Brown, was haar ma 'n lewenslustige en liefdevolle mens met 'n passie vir musiek. 'Ons sal haar onthou as 'n sterk vrou wat altyd na ander kon luister en hulle waardig laat voel het.'

    Van Drimmelen was getroud met Willem van Drimmelen en het drie kinders en vier kleindogters.

    Die familie weet steeds nie wie haar uit die huis gered het nie.




    Back to top     Back to top

    © 2000 Eikestadnuus/News - all rights reserved - alle regte voorbehou.