Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Eikestad
Home Page
Business Index
Weather
News
  • Local
  • Sport
  • Business
  • Campus
  • Municipality
  • Schools
  • Arts Diary
    Events Diary
    Gazette
  • News
  • Our community
  • Our youth
  • Sport
  • Entertainment
  • Motoring
    Entertainment
    Travel & Tourism
    Food & Wine
    Real Estate
    News24
    Letters
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    09/05/2008 10:45 AM - (SA)
    Mediavryheid in gedrang?


    ONS is vry, maar vry om onsself te vernietig.

    Só het die menseregte-aktivis, Rhoda Kadalie, Maandag gesê by 'n media-indaba van die Universiteit van Stellenbosch.

    Dié mini-konferensie, met die tema 'Is vryheid van assosiasie plus vryheid van uitdrukking gelykstaande aan mediavryheid?', is gehou om internasionale persvryheidsdag te vier.

    Kadalie het uitgevaar teen 'n media wat, volgens haar, onverantwoordelik bedryf word en 'oorboord gaan met stories wat verkoop, maar belangrike kwessies ignoreer'.

    Die omstrede Forum vir Swart Joernaliste (FSJ) het ook onder die loep gekom.

    Kadalie en Henry Jeffreys, redakteur van Die Burger, het hul misnoeë uitgespreek oor die FSJ wat onlangs wit joernaliste toegang geweier het tot 'n FSJ-vergadering met mnr. Jacob Zuma, ANC president.

    'Die vraag moenie wees of dit die FSJ se reg is om só iets te doen nie, maar eerder of dit gepas is om ná 13 jaar se demokrasie só 'n uitskakeling te doen. En dít nogals saam met die ANC president.

    'Sodra swart joernaliste andere uitskakel, skakel hulle hulself uit hul beroepe,' het Kadalie gesê.

    Jeffreys het gesê die tekens dui aan dat mediavryheid in die moeilikheid kan beland. Hy het beklemtoon dat die FSJ joernaliste uitsluit bloot op grond van hul velkleur.

    Abbey Makoe, hoof van die stigtingskomitee van die FSJ, het die gehoor verras toe hy in sy toespraak sê dat dié forum tot op hede nog nie 'n enkele aansoek om lidmaatskap van 'n wit joernalis ontvang het nie.

    Hy kon egter nie sê of die FSJ wél 'n wit joernalis sou aanvaar indien hulle só 'n aansoek sou kry nie.

    Makoe is ook die stigter en hoofredakteur van Motswako News Agency, wat heeltemal in swart beheer is, en hy was tot onlangs die politieke redakteur van die SAUK.

    Volgens hom traak die stryd tussen die regering en die Skerpioene hom min, maar dat 'n Soweto-kind wat honger gaan slaap, vir hom nuuswaardig is.

    'Dit is die verskil tussen 'n redakteur wat uit 'n voorheen benadeelde agtergrond kom en een wat níé.

    'Ons (FSJ) is nie rassisties teenoor wit joernaliste nie, maar 'n hawe vir sommige ander in die bedryf. As ons nie ons geselskap mag kies nie, is ons nie vry in Suid-Afrika nie,' het hy gesê.




    Back to top     Back to top

    © 2000 Eikestadnuus/News - all rights reserved - alle regte voorbehou.