Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Eikestad
Home Page
Business Index
Weather
News
  • Local
  • Sport
  • Business
  • Campus
  • Municipality
  • Schools
  • Arts Diary
    Events Diary
    Gazette
  • News
  • Our community
  • Our youth
  • Sport
  • Entertainment
  • Motoring
    Entertainment
    Travel & Tourism
    Food & Wine
    Real Estate
    News24
    Letters
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    09/05/2008 10:44 AM - (SA)
    'n Tweestryd-taaistryd!


    Dit gaan nie mooi wees nie.

    Môre se wedstryd tussen die Stormers en die Waratahs behoort die hoogtepunt van die Super 14-seisoen tot dusver te wees.

    Maar dit gaan nie 'n mooi wedstryd wees nie. Kykers kan 'n harde, fisieke tweestryd verwag.

    Alles is op die spel. Die span wat wen, kan solank gereed maak vir die semi-finaal. Die verloorder kan die volgende rondte kwyt wees.

    Die Kapenaars het die afgelope ruk bewys hul spelpeil is die beste in die land en het met groot spanne afgereken.

    Saterdag was dit die Brumbies se beurt, en Nuweland het gejuig oor die wonderlike spel van hul span. Veral oud-Maties Jean de Villiers en Schalk Brits het uitgeblink.

    De Villiers het keer op keer deur die middelveld gebreek en selfs 'n skitterende drie gedruk. Van die beseringspook was daar geen teken nie, aangesien hy op verdediging harde duikslae uitgevoer het.

    Die Stormers het egter in die tweede helfte, toe hulle op die aanval was, soos 'n groep sonbaaiers op Clifton-strand gelyk. Dit het die Aussies byna 'n kans gegee om terug te baklei.

    Maar Rassie Erasmus se span het getriomfeer met 20-10. Dit is die eerste keer in 10 jaar dat hulle die Aussies klop!

    Waar die Brumbies maar olik gelyk het, gaan die Waratahs 'n perd van 'n ander kleur wees.

    Dié manne se spelpeil het onlangs hul piek bereik en hulle gaan die Kapenaars 'n opdraande stryd besorg, ondanks hul bedenklike vertoning teen die Bulls. 'n Mens moet in gedagte hou dat die Waratahs slegs twee dae voor hul wedstryd op Loftus voet aan Suid-Afrikaanse wal gesit het. Hulle was duidelik nog nie heeltemal gereed nie.

    Môre gaan egter anders wees.

    Albei spanne kan op hul rotsvaste verdediging roem. Die Stormers en die Waratahs het elk dié seisoen net 18 drieë toegestaan, en met die weer wat vandeesweek speletjies gespeel het, kan 'n mens verwag dat die omstandighede die spel gaan bemoeilik. Moet dus nie 'n oop, vloeiende wedstryd verwag nie.

    Dit is ook duidelik die Stormers sukkel 'n bietjie voorlangs sonder Schalk Burger. Teen die Brumbies het hulle stomp gelyk by die afbreekpunte ? iets wat die losvoorspelers van die Waratahs beslis gaan toets.

    Ysterspelers soos Rocky Elsom, Wycliff Palu en kaptein Phil Waugh gaan vir Luke Wat?son en die jong Robbie Diack en Francois Louw 'n harde tyd gee.

    Watson maak vanjaar beslis aanspraak op sy Springboktrui, maar Diack en Louw moet nog oortuig. Daar word ook uitgesien na 'n tweestryd tussen Sireli Naqalevuki en Lote Tuqiri, indien hulle ooit die bal gaan sien.




    Back to top     Back to top

    © 2000 Eikestadnuus/News - all rights reserved - alle regte voorbehou.