Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Eikestad
Home Page
Business Index
Weather
News
  • Local
  • Sport
  • Business
  • Campus
  • Municipality
  • Schools
  • Arts Diary
    Events Diary
    Gazette
  • News
  • Our community
  • Our youth
  • Sport
  • Entertainment
  • Motoring
    Entertainment
    Travel & Tourism
    Food & Wine
    Real Estate
    News24
    Letters
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    09/05/2008 10:44 AM - (SA)
    Tennisster oorsee


    MARC VAN DER MERWE, tennisspeler van Paul Roos Gimna?sium, gaan Suid-Afrika in die Tsjeggiese Republiek in die o.14 Wêreld Junior Tenniskampioenskappe verteenwoordig.

    Marc, 'n gr. 8-leerling, was lid van die SA o.14-span wat in Januarie die Suider-Afrika kwalifiserende kompetisie in Windhoek gewen het. Hy het tweede geëindig in die individuele kompetisie. Die span het toe gekwalifiseer om aan die Afrika Junior Kampioenskappe deel te neem.

    Marc was dus 'n lid van die SA o.14-span wat in Maart in Botswana aan die Afrika Junior Kampioenskappe deelgeneem het. Sy spanmaat was Wayne Montgomery van die Laerskool De Hoop in Somerset-Wes.

    By dié wedstryd het Marc 'n derde plek in die individuele kompetisie behaal. Marc en Wayne was die kampioene van die dubbelspelkompetisie.

    Die SA o.14-span het Egipte in die finaal verslaan en sodoende as wenners van die Afrika Junior Kampioenskapsreeks uit die stryd getree.

    Marc en Wayne vertrek in Augustus na die Tsjeggiese Republiek.

    Marc het ook die Boland verteenwoordig by die SATA Junior Interprovinsiale Tennistoernooi, wat aan die einde van April in Bloemfontein plaasgevind het.

    Ander Paul Roos-spanlede wat in Bloemfontein deelgeneem het, het Wesley Montgomery, Berno de Villiers (beide o.16), Tinus van Wyk en Jurgen de Jager (beide o.18) ingesluit.

    Gedurende die Maart-vakansie het Wiehahn de Jager (o.15) en Jan Rust (o.18) aan die Nasionale Hoërskole Interprovinsiale Tennistoernooi deelgeneem. Wiehahn is gekies vir die SA Skoletennisspan wat Suid-Afrika ook later vanjaar in die Tsjeggiese Republiek gaan verteenwoordig.




    Back to top     Back to top

    © 2000 Eikestadnuus/News - all rights reserved - alle regte voorbehou.